Saterdag 20 Maart 2010

Die besnydenis?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Kor 7 vers 19: Die besnydenis is niks, en die onbesnydenis is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
Rom 3 vers 30: Aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof, en die onbesnedenes deur die geloof.
Deut 10 vers 16: Besny dan die voorhuid van julle hart, en verhard julle nek nie verder nie.
Josua 5 vers 2: In die tyd het die Here vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse, en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.
Jer 4 vers 4: Besny julle vir die Here, en verwyder die onbesnedenheid van julle hart.
Jer 6 vers 10: Wie sal Ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die Woord van die Here is vir hulle ‘n smaad, hulle het daar geen behae in nie.
Jer 9 vers 25: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is.
Jer 9 vers 26: Oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.
Luk 2 vers 21: En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem.
Han 15 vers 1; En sekere persone wat van Judea af gekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.
Vers 6: En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.
Vers 7: En Paulus sê: Julle weet dat God lank gelede verkies het dat die heidene die woord deur my mond sal hoor, en gelowig word.
Vers 8: En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
Vers 9: Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
Vers 28: (Nadat hulle raad gehou het) Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
Vers 29: Dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen.
Han 2 vers 25; Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ‘n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.
Vers 26: As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?
Vers 27: En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie?
Vers 28: Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dit is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
Vers 29: Maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is die van die hart, in die Gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Rom 4 vers 9: Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.
Vers 10: Hoe is dit dan toegereken - toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.
Vers 11: En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook hulle die geregtigheid toegereken sou word.
Vers 12: En ook ‘n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.
Deut 30 Vers 6: En die Here sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart, en met jou hele siel, dat jy kan lewe.
1 Kor 7 vers 18: Is iemand as ‘n besnedene geroep - hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep, hy moet hom nie laat besny nie.
Gal 2 vers 3; En Paulus sê: Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy ‘n Griek is.
Vers 7: Maar inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus die vir die besnedenes.
Ga15 vers 2: Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.
Vers 3: En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.
Vers 4: Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: