Sondag 21 Maart 2010

Liggaamsoefeninge en: Hoe kan ons weet of die Vader Sy Gees aan ons geskenk het?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Tim 4 Vers 7: Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid,
Vers 8: Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.
Matt 7 Vers 19: Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (As iemand dus sterf as hy jonk is, is dit dan die rede. Of dalk die sondes van sy voorouers? Geen oefening gaan jou help nie.)

Hoe kan ons weet of die Vader Sy Gees aan ons geskenk het?


1 Joh 3 vers 24: En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: Aan die Gees wat Hy ons gegee het.
1 Joh 4 Vers 12: Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.
Vers 13: Hieraan weet ons dat ons in Hom bly, en Hy in ons, dat Hy ons van Sy Gees gegee het.
Vers 15: Elkeen wat bely dat Jesus die seun van God is - God bly in hom en hy in God.
Joh 14 vers 21: Wie My gebooie het, en die bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê, en My aan hom openbaar.
Vers 23: As iemand My liefhet, sal hy My woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê. En ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
Joh 14 Vers 16: En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee, om by julle te bly tot in ewigheid.
Vers 17: Die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom. Omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Vers 26: Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Joh 15 Vers 26: Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die Waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van my getuig.
Joh 16 Vers 7: Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie. Maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.
Vers 8: En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.
Vers 13: Hy sal die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Joh 15 Vers 4: Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van hom self as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
Vers 5: Sonder My kan julle niks doen nie.
Vers 7: As julle in My bly, en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
Vers 8: En julle sal My dissipels wees.
Spr 20 Vers 27: Die Gees van die mens is ‘n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste.
Rom 1 vers 19: Omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle openbaar.


Ek weet dat almal van ons ‘n lewende Siel het.
Ek weet dat sommiges van ons ‘n beskermengel het.
Ek weet dat sommiges van ons die Gees van God in ons het.

Rom 8 vers 19: Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
Kol 3 vers 4: Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
1 Pet 1 Vers 13: Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter, en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. (Nie wederkoms nie.)
1 Thess 5 vers 2: Want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
Vers 3: Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood van ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Vers 4: Maar julle, broeders, is nie in die duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
Vers 5: Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
Vers 9: Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: