Sondag 21 Maart 2010

God het die aarde en alles daarop gemaak vir Jesus



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Kol 1 Vers 13: Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van Sy Seun.
Vers 14: In wie ons die verlossing het deur Sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
Vers 15: Hy is die beeld van die onsienlike God, die eersgeborene van die hele skepping; (Hy wat is, en wat was, en weer sal kom.)
Vers 16: Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
Vers 17: En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. (In die begin was God, en die Woord was by Hom.)
Vers 18: En Hy is die hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
Vers 19: Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon.
Psalm 97 Vers 3: ‘n Vuur gaan voor Sy aangesig uit en steek Sy teëstanders rondom aan die brand.
Vers 5: Berge smelt weg soos was voor die Aangesig van die Here van die hele aarde.
Joh 1 Vers 1: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Vers 2: Hy was in die begin by God. (Jesus)
Vers 3: Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Vers 4: In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Vers 5: En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Vers 9: Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. (Jesus.)
Vers 10: Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
Vers 11: Hy het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
Vers 12: Maar almal wat Hom aangeneem het, het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo.
Vers 14: En die woord het vlees geword en onder ons gewoon - en ons het Sy heerlikheid aanskou.
Vers 18: Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.
Dan 7 Vers 13: En kyk, met die wolke van die hemel het een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom (Jesus) nader gebring voor Hom.
Vers 14: En aan Hom (Jesus) is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; Sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en Sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Openb 19 Vers 11: En daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem getrou en waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
Vers 12: En Sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op Sy hoof was baie krone, en Hy het ‘n Naam wat geskrwye is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
Vers 13: En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: Die Woord van God. (Jesus)
Vers 14: En die leërs van die hemel sal Jesus volg, op wit perde, bekleed met fyn wit linne.
Vers 15: En Hy sal met ‘n ysterstaf regeer oor die nasies op die aarde. Hy trap die parskuip van die grimmigheid van God. (Armageddon.)
Vers 16: En Hy dra op Sy kleed en op Sy heup die Naam wat geskrwye is: Die Koning van die Konings en die Here van die Here.
Judas 1 Vers 5: Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.
1 Kor 10 Vers 9: En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle ook gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
Vers 10: En moenie murmureer soos sommige van hulle nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. (Dit het gebeur gedurende die veertig jaar in die woestyn. Dit was dus Jesus wat voor hulle uitgetrek en hulle beskerm het.)
Efe 1 Vers 4: Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.
1 Kor 8 Vers 6: Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Kol 3 Vers 17: En wat julle ookal doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Psalm 86 Vers 9: Al die nasies WAT U GEMAAK HET, sal kom en hulle voor U aangesig neerbuig, Here, en hulle sal U Naam eer.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: