Sondag 21 Maart 2010

Mag jy vleis eet?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Lev 7 vers 19: En die vleis wat aan iets onreins raak mag nie geëet word nie. Met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref, elkeen wat rein is mag vleis eet. (Hierdie vers is slegs vir die Leviete.) Lev 11:39
Exo 22 vers 31: En julle moet vir My heilige mense wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.
Deut 12 vers 15: Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die Here jou God wat Hy jou in al Sy poorte gee; en onreine en reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en takbok.
Vers 20: As die Here jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet – omdat jy lus het om vleis te eet – dan mag jy na hartelus vleis eet.
Vers 22: Maar soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die onreine en die reine moet dit saam eet.
1 Kon 17 vers 6: En die kraaie het vir Elia elke oggend en aand brood en vleis gebring.
1 Kron 16 vers 3: En koning Dawid het aan elkeen van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen ‘n broodjie en ‘n stuk vleis en ‘n rosynkoek uitgedeel.
Rom 14 vers 1: En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.
Vers 2: Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.
Vers 3: Hy wat eet, moet hom wat nie eet nie, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.
1 Kor 10 vers 25: Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
Vers 26: Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
Deut 12 vers 20: As die Here jou God jou grondgebied uitbrei; soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet - omdat jy lus het om vleis te eet - dan mag jy na hartelus vleis eet. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: