Saterdag 20 Maart 2010

Mag jy sweer?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Matt 5 Vers 34: Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie - nie by die hemel nie omdat dit die troon van God is; ook nie by die aarde nie omdat dit die voetbank van Sy voete is; nie by Jerusalem nie omdat dit die stad is van die groot Koning; ook nie by jou hoof nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.
Vers 37: Maar laat julle woord wees: Ja ja en nee nee. Wat meer as dit is is uit die bose.
Jer 5 Vers 2: Gaan hoor of hulle al sê: Sowaar as die Here leef, sekerlik sweer hulle vals
Vers 7: Waarom sou Ek jou vergewe? jou kinders het My verlaat en gesweer by wat geen God is nie. (Ons kinders sê vandag nog: Sowaar as padda manel dra, of sowaar as vet.)
Jer 12 Vers 16: En as hulle ywerig die weë van My volk leer om te sweer by My naam: Sowaar as die Here leef, soos hulle My volk geleer het om te sweer by baal - dan sal hulle onder My volk gebou word.
Eseg 17 Vers 16: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, in die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, by hom, binne-in Babel, sal hy sterwe.
Amos 8 Vers 14: Hulle wat sweer by die skuld van Samaria, en ook sê: So waar as jou God leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berseba leefl en hulle sal val en nie weer opstaan nie.
Matt 23 Vers 16: Wee julle, blinde leiers, wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel - dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.
Vers 18: En: Elkeen wat sweer by die altaar - dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.
Vers 19: Julle dwase en blindes, want wat is meer: Die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?
Vers 20: Wie dan sweer by die altaar, sweer daarby, en by alles wat op die altaar is.
Vers 21: En wie sweer by die tempel, sweer daarby en by Hom wat daarin woon.
Jak 5 Vers 12: Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: Nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.
Sag 8 Vers 17: En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie, want dit alles haat Ek, spreek die Here. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: