Saterdag 20 Maart 2010

Is God net liefde, of haat ook?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rom 9 Vers 13; Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
Vers 15: Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
Jes 1 Vers 14: Julle nuwemane en feestye haat My Siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
Amos 5 Vers 21: Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
Mal 2 Vers 16: Want Ek haat egskeiding, sê die Here. Neem jou dan in ag ter wille van jou gees, en wees nie ontrou nie.
Spr 4 Vers 13: Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat Ek.
2 Kron 19 Vers 2: Moet ‘n mens die goddelose help, en het u lief die vir wie die Here haat? daarom kom daar nou ‘n toorn op u van die Here.
Sag 8 Vers 17: En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie, want dit alles haat Ek, spreek die Here.
Hos 9 Vers 15: Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit My huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. AI hulle vorste is opstandig.
Mal 1 Vers 3: Maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse prysgegee.
Psalm 45 Vers 8: U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid.
Deut 16 Vers 22: Ook mag jy vir jou geen klippilaar, wat die Here jou God haat, oprig nie.
Deut 17 Vers 1: Jy mag geen offerhande bring waaraan ‘n liggaamsgebrek is nie. Dit is vir die Here ‘n gruwel.
1 Thes 4 Vers 6: Dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ‘n wreker is oor al hierdie dinge.
Heb 3 Vers 17: En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?
Vers 18: En aan wie het Hy gesweer dat hulle in Sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsarnes?
Vers 19: En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.
Heb 10 Vers 31: Vreeslik is dit om te val in die hande van die Lewende God.
Jes 35 Vers 4: Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk! wees nie bevrees nie! kyk, julle God kom met wraak, met Goddelike vergelding; Hy Self sal kom en julle verlos.
1 Joh 4 Vers 8: Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
Vers 9: Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar: Dat God Sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
Judas 1 Vers 5: Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.
Vers 6: En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; (By die mooi vroue op aarde ingegaan, en reuse is verwek.)
Judas 1 Vers 7: Soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aan geloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.
Jes 63 Vers 10: Maar hulle was wederstrewig en het Sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander; Hy Self het teen hulle gestry.
Mal 1 Vers 4: As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou - dan sê die Here dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die Here vertoornd is tot in ewigheid!
Mal 1 Vers 10: Ek het in julle geen welgevalle nie, sê die Here, en in ‘n offer uit julle hand het Ek geen behae nie.
Jes 13 Vers 12: Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.
Vers 13: Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die Here van die leërskare en vanweë die dag van Sy toorngloed.
Jes 27 Vers 4: Geen grimmigheid is by My nie. Kry Ek doring of distel, in oorlog sou Ek daarop aanval, dit alles saam verbrand.
Vers 5: Of hulle moet My beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak.
Jes 28 Vers 22: Want ek het van die Here van die leërskare gehoor ‘n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.
Jes 9 Vers 16: Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie, en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almal roekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid. Ondanks dit alles is Sy toorn nie afgewend nie, maar Sy hand is nog uitgestrek.
Vers 18: Deur die grimmigheid van die Here van die leërskare staan die land in vlamme, en het die volk geword soos ‘n prooi van die vuur. Die een spaar die ander nie.
Spr 1 Vers 24: Omdat Ek geroep en julle geweier het, Ek My hand uitgestrek en niemand geluister het nie,
Vers 25: En julle al My raad nie opgevolg en van My teregwysing nie wou geweet het nie,
Vers 26: Daarom sal Ek ook lag by julle ondergang, Ek sal spot as julle Verskrikking kom;
1 Kron 28 Vers 9: Want die Here deursoek al die harte, en Hy Verstaan elke Versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd Verstoot.
Psalm 11 Vers 5: Die Here toets die regverdige; maar Sy Siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
1 Kor 10 Vers 5: Maar God het in die meeste van ons vaders geen welgevalle gehad nie; want hulle is neergeslaan in die woestyn.
Vers 6: En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.
Vers 8: En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle nie, en daar het op een dag drie-en-twintigduisend geval.
Vers 9: En laat ons Christus nie Versoek soos ook sommige van hulle ook gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
Vers 10: En moenie murmureer soos sommige van hulle nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.
Vers 11: Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Vers 12: Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
Jes 66 Vers 4: So sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom; omdat Ek geroep, en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in My oë, en verkies wat My nie behaag nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: