Vrydag 19 Maart 2010

Vir ons soos towenary of wonderwerke

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 19 vers 5: Bring die manne (Engele) na ons uit, ons wil hulle beken. (Geslagtelike gemeenskap met hulle hê.)
Vers 11: Toe slaan die engele almal by die ingang met blindheid.
Vers 26: En sy vrou het omgekyk en in ‘n soutpilaar verander.
Gen 18 vers 11: En Sara het op 90 nie meer gemenstrueer nie, en die Here het gesê: Na een jaar sal jy ‘n seun baar, en dit was ook so.
Exo 3 vers 3: Toe gooi hy die staf op die grond en dit het ‘n slang geword.
Exo 4 vers 6: Steek jou hand in jou boesem. Toe hy dit uittrek was dit melaats, soos sneeu.
Vers 7: Toe hy dit weer doen, en sy hand uittrek, was dit genees.
Vers 9: Neem van die Nyl se water en gooi dit uit op droë grond, en dit sal bloed word.
Exo 7 vers 12: Elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar Aaron se staf het hulle stawe verslind.
Exo 7 vers 19: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, kanale, waterkuile en versamelplekke van water, sodat dit bloed word. Daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in die hout en klipbakke.
Exo 7 vers 22: Maar die Egiptiese towenaars het ook water in bloed verander deur towerkunste.
Exo 8 vers 6: En Aaron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en die land oordek.
Vers 7: Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste.
Exo 8 vers 17: En daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in Egipteland.
Vers 18: En die towenaars het dieselfde gedoen met hul towerkunste, maar hulle kon nie.
Vers 24: Dik swerms steekvlië het in die huis van Farao en sy dienaars en die hele Egipteland gekom.
Exo 9 vers 6: Al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan, maar van die vee van Israel is nie een dood nie.
Exo 9 vers 8: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi. En dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek.
Vers 11: Maar die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie, want die swere was aan die towenaars ook.
Exo 9 vers 23: En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die Here het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet. Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.
Exo 10 vers 13: En die Here het ‘n oostewind in die land gebring. Die hele dag en die hele nag, tot dit môre word, het die oostewind die sprinkane aangebring
Vers 19: Daarop laat die Here die wind omslaan in ‘n baie sterk westewind. Dit het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe.
Exo 10 vers 22: Toe Moses sy hand uitsteek na die Hemel, kom daar ‘n dik duisternis oor Egipteland, drie dae lank. Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar die kinders van Israel het lig in hulle plekke gehad.
Exo 13 vers 21: En die Here het voor hulle uitgetrek, bedags in ‘n wolkkolom, om hulle op die pad te lei, en snags in ‘n vuurkolom om voor hulle te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.
Exo 14 vers 16: En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek.
Exo 14 vers 19: En die Engel van God wat voor die leër van Israel uitgetrek het, het daar weggegaan en agter hulle aangetrek, en die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan.
Vers 20: So het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel ingekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.
Vers 21: Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die Here het deur ‘n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die grond drooggemaak, en die waters is gekloof.
Vers 22: En die kinders van Israel het midde in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle ‘n muur aan die regter en linkerkant.
Vers 25: Toe die Egiptenaars hulle agtervolg, het die Here hul strydwaens se wiele laat wegsak en hulle met moeite laat voortgaan.
Vers 26: Daarop sê die Here vir Moses: Steek jou hand uit oor die see sodat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars. En die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei.
Vers 28: En toe die waters terugvloei het dit die Strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.
Exo 16 vers 4: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën.
Vers 5: En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbeld soveel wees as wat hulle daagliks insamel. (Maak dus ‘n dag voor Sondag Sondag se kos klaar.)
Vers 13; En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar ‘n doulaag rondom die laer
Vers 14: En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond. Dit is die brood wat die Here julle gee om te eet.
Vers 16: Samel daarvan in, elkeen na sy behoefte; ‘n gomer vir elke persoon volgens julle sieletal; Elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is.
Vers 17: Hulle het ingesamel, die een baie en die ander min.
Vers 18: Maar toe hulle dit met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie, en hy wat min ingesamel het, nie te min nie.
Vers 19: En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot die môre nie.
Vers 20: Maar sommiges het daarvan laat oorbly tot die môre. Toe kom daar wurms in en het dit bederwe.
Vers 21: En as die son warm word, smelt dit weg.
Vers 22: En op die sesde dag het hulle ‘n dubbele porsie ingesamel. Twee gomers vir elkeen.
Vers 23: Môre is dit rusdag. ‘n Heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit. En wat julle wil kook, kook dit. En bêre vir julle alles wat oor is.
Vers 24: En hulle het dit gebêre tot die môre toe, en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.
Vers 25: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van die Here. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.
Vers 26: Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat, dan sal dit daar nie wees nie.
Vers 27: En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.
Vers 29: Laat elkeen bly waar hy is. Laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. So het die volk dan op die sewende dag gerus.
Vers 31: En die mense het dit Man genoem. (Manna) En dit was soos Koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.
Vers 33: Neem ‘n gomer daarvan en gooi dit in ‘n kruik, en sit dit voor die Aangesig van die Here neer om dit te bewaar vir julle nageslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek hulle in die woestyn laat eet het.
Vers 35: En die kinders van Israel het die Manna veertig jaar lank geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaan gekom het.
Exo 17 vers 4: Toe het Moses die Here aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my, omdat daar min water was.
Vers 5: Neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, Ek sal daar voor jou by die rots Horeb staan. Dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uitkom dat die volk kan drink.
Exo 17 vers 11: En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; Maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste. Maar die hande van Moses het swaar geword. Daarom het hulle vir hom ‘n klip gegee om op te sit, en Aaron en Hur het sy hande ondersteun.
Exo 34 vers 28: En Moses was op die berg 40 dae en 40 nagte, en hy het niks geëet of gedrink nie.
Exo 40 vers 38: Want die wolk van die Here was bedags op die Tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van Israel, op al hul togte.
Lev 10 vers 1: En die seuns van Aaron, Nadab en Abihu, het elkeen sy vuurpan geneem, en vreemde vuur voor die Aangesig van die Here gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
Vers 2: Daarop het daar vuur van die Aangesig van die Here uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe.
Num 11 vers 18: Toe sê die Here: Heilig julle teen môre; Dan sal julle vleis eet. Want julle het gesê dit was goed vir julle in Egipte.
Vers 19: Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf of tien of twintig dae nie,
Vers 20: ‘n Hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; Omdat julle gesê het: Waarom het ons tog uit Egipteland uitgetrek?
Vers 22: Toe sê Moses: Sal daar vir hulle kleinvee geslag word? Daar is seshonderdduisend te voet. Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is?
Vers 23: Maar die Here sê vir Moses: Sou die hand van die Here te kort wees? Nou sal jy sien of My woord vir jou uitkom of nie.
Vers 3 1: Toe het ‘n wind wat van die Here kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe, en op die laer gestrooi, omtrent ‘n dagreis rondom die laer.
Num 21 vers 8: Daarop sê die Here aan Moses: Maak vir jou ‘n giftige slang en sit dit op ‘n paal; Dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.
Vers 9: Toe het Moses ‘n koperslang gemaak en dit op ‘n paal gesit; en as ‘n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.
Jos 8 vers 18: En die Here het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies uit na die stad.
Vers 26: En Josua het sy hand, met die uitgestrekte spies, nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.
Jos 10 vers 12: En Josua het voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gibeon, en maan, in die dal van Ajalon!
Vers 13: En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ‘n volle dag.
Rigt 6 vers 19: Gideon het ‘n bokkie berei, en van ‘n efa meel ongesuurde koeke, en dit na hom uitgebring onder die Terpentynboom, en dit naby neergesit.
Vers 20: Maar die Engel sê toe hy moet dit op die klip neersit. Daarop het die engel die vleis op die klip met die punt van sy staf aangeraak, en ‘n vuur het dit verteer.
Rigt 6 vers 37: Toe het Gibeon met God gespreek: As u werklik deur my hand Israel wil verlos, gee my hierdie teken: Ek sal die wolvleis op die dorsvloer neerlê. As daar net op die vleis dou is, terwyl die grond droog is, dan sal ek weet. En dit was so.
Vers 39: Gibeon vra toe dat dit die volgende dag net op die vleis droog moet wees, en op die grond dou. En dit was so.
1 Sam 14 vers 14: Hierdie eerste slag waarin Jonatan en sy wapendraer ongeveer twintig man verslaan het, ...
1 Kon 17 vers 2: Toe kom die woord van die Here tot Elia: Gaan hiervandaan weg en versteek jou by die spruit Krit.
Vers 4: En jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou.
Vers 6: En die kraaie het vir hom elke oggend en aand brood en vleis gebring.
Vers 9: Daarna het die Here gesê: Gaan na Sefat. Daar het ek aan ‘n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
Vers 10: By die ingang van Sefat het hy ‘n weduwee gesien wat hout bymekaarmaak, en haar gevra om vir hom water te gee.
Vers 11: Terwyl sy loop, roep hy haar en vra dat sy ‘n stukkie brood moet saambring.
Vers 12: Maar sy antwoord: Ek het geen brood nie, slegs ‘n handvol meel in die pot en ‘n bietjie olie in die kruik. En hier maak ek nou ‘n paar houtjies bymekaar; Dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe. (Daar was hongersnood in die land.)
Vers 13: En Elia sê vir haar: Wees nie bevrees nie. Maak eers vir my ‘n broodkoekie, en bring dit uit na my. Daarna kan jy vir jou en jou seun iets klaarmaak.
Vers 14: Want so sê die Here: Die meel in die pot sal nie opraak, en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat dit reën.
Vers 15: En hulle het dae lank geëet, en die olie en die meel het nie minder geword nie.
Vers 17: Na hierdie dinge het haar seun siek geword en gesterf.
Vers 21: Daarop neem Elia die seun na die bokamer waar hy gewoon het, en hy het hom drie maal oor die seun uitgestrek, en die Here aangeroep, en die siel van die seun het in hom teruggekeer, sodat hy lewendig geword het.
1 Kon 18 vers 22: Toe sê Elia vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die Here, terwyl die profete van Baal vierhonderd-en-vyftig is.
Vers 23: Maar laat hulle vir ons twee bulle gee, hulle kan dan een bul uitkies, en in stukke verdeel, en op die hout neersit, sonder om vuur te maak, en ek sal dieselfde doen.
Vers 24: Roep julle dan die naam van julle gode aan, en ek sal die Naam van die Here aanroep. (Ons weet nie watter Naam om aan te roep nie. Die predikante steek dit vir ons weg.) Die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die volk het gesê dit is goed.
Vers 26: En hulle het die bul gereed gemaak, en die naam van Baal aangeroep van die môre tot die middag, maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het.
Vers 27: En Elia het met hulle gespot en gesê: Roep hard! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; Miskien slaap hy en moet wakker word.
Vers 28: En hulle het hard geroep, en hulleself met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het, volgens hul gebruik.
Vers 30: Toe het Elia die Altaar van die Here herstel wat beskadig is.
Vers 31: En neem twaalf klippe, volgens die twaalf stamme, en bou ‘n altaar in die Naam van die Here. Daarna het hy ‘n sloot gemaak rondom die altaar.
Vers 33: En die hout en die bul op die hout neergelê.
Vers 34: En hy het hulle drie maal laat water aandra, en die hout laat natgooi, sodat die water selfs die sloot gevul het.
Vers 36: En hy het die Here aangeroep.
Vers 38: Daarop het die vuur van die Here neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof en die water verteer.
Vers 39: Toe die hele volk dit sien, het hulle neergeval en gesê: Die Here Hy is God! Die Here, Hy is God!
1 Kon 18 vers 40: Daarop sê Elia: Gryp al die profete van Baal! En Elia het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.
1 Kon 19 vers 8: Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg Horeb.
Gen 30 vers 37: Toe neem Jakob vir hom groen latte van Populier, Amandel en Plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom.
Vers 38: En hy sit die latte vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; En hulle het verhit geword as hulle kom drink.
Vers 39: En die vee het verhit geword by die latte, en gelam gestreeptes, gestippeldes, en bontes.
Vers 40: Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was.
Vers 41: En elke keer as die sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die vee in die trogge,
Vers 42: Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; So was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.
Jes 38 vers 5: Ek het jou gebed gehoor. Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg.
Vers 7: En dit sal vir jou die teken wees van die kant van die Here, dat die Here hierdie woord wat Hy gespreek het, sal volbring.
Vers 8: Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agas se sonnemeter laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade teruggegaan op die grade wat dit gedaal het.
Jes 40 vers 13: Wie het die Gees van die Here bestier en as Sy raadsman Hom onderrig?
Vers 14: Met wie het Hy raad gehou, dat die Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?
Vers 15: Kyk, die nasies is soos ‘n druppel aan die emmer, en soos ‘n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken.
Vers 18: By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?
Jer 37 vers 10: Want al sou julle die hele leër van die Chaldeërs wat teen julle oorlog voer verslaan, sodat daar onder hulle net swaar gewondes oorbly, dan sou hulle elkeen in sy tent opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.
Eseg 4 vers 3: Neem jy vir jou ‘n ysterpan en sit dit as ‘n ystermuur tussen jou en die stad; En rig jou aangesig daarop, en dit sal beleër wees
Vers 4: Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel. Volgens die getal dae wat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra.
Vers 5: En jy moet driehonderd-en-negentig dae op jou sy lê.
Vers 6: En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: Vir elke jaar lê ek jou een dag op.
Vers 7: En op die beleëring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig terwyl jou arm ontbloot is;
Vers 8: En kyk, ek sit vir jou toue aan, sodat jy jou nie kan omdraai van die een kant na die ander nie, totdat jy klaar is met die dae van jou beleëring.
Vers 9: En neem vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood; Volgens die getal dae wat jy op jou sy lê, driehonderd-en-negentig dae, moet jy daarvan eet.
Vers 10: En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; Van tyd tot tyd moet jy dit eet.
Vers 11: Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van ‘n hin; van tyd tot tyd.
Vers 15: Kyk, ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; Daarop moet jy jou brood gaarmaak.
Eseg 5 vers 1: Neem vir jou ‘n skerp swaard; As skeermes moet jy dit vir jou neem, en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; Daarna moet jy vir jou ‘n weegskaal neem, en die hare verdeel.
Vers 2: ‘n Derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; Dan moet jy ‘n derde deel neem en dit met die swaard stukkend kap rondom die stad, en ‘n derde deel moet jy in die wind strooi; En ek sal ‘n swaard agter hulle uittrek.
Vers 3: Jy moet ook ‘n klein bietjie daarvan neem en dit in jou slippe bind;
Vers 4: En daarvan moet jy nog weer neem en dit binne-in die vuur gooi en dit met vuur verbrand; Daar sal vuur uitgaan in die hele huis van Israel.
Vers 5: So sê die Here Here: Dit is Jerusalem.
Eseg 47 vers 1: (Dit is met Jesus se wederkoms. Hierdie water sal onder Sy tempel uit vloei) By die ingang van die huis het daar water uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die Ooste toe, want die voorkant van die huis was na die Ooste toe, en die waters het weggevloei onder die regter symuur van die huis uit, Suid van die altaar.
Vers 2: En dit het gekabbel by die regtersymuur buite om die Tempel.
Vers 3: En duisend el na die Ooste, het die waters enkeldiep gevloei.
Vers 4: Na tweeduisend el na die Ooste was dit kniediep, na drieduisend el was dit tot by die heupe.
Vers 5: Na vierduisend el ‘n stroom wat ek nie kon deurgaan nie!
Vers 7: Daar was ‘n menigte bome aan altwee kante.
Vers 8: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die vlakte af en gaan na die see; In die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word.
Vers 9: En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe, en daar sal ‘n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; En die waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.
Vers 10: Daar sal ‘n menigte visse in die stroom wees, na hulle soorte.
Vers 11: Die moerasse en kuile daarvan sal nie gesond word nie. Vir sout is hulle bestem.
Eseg 47 vers 12: Aan albei kante sal allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; Elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; Want die waters waar hulle aan staan - uit die Heiligdom stroom dit. En hulle vrugte sal wees om van te eet en hulle blare om te genees. (Dit is waarskynlik die boom van die lewe. Soos beskryf in:)
Openb 22 vers 1: Daar sal ‘n rivier uitvloei uit die troon van God en Jesus. Die rivier van die lewe.
Vers 2: Weerskante van die rivier die Boom van die Lewe, (Soos in Adam en Eva se tyd) wat elke maand vrugte dra, en sy blare sal die nasies genees.
Dan 3 vers 1: Koning Nebukadnesar het ‘n beeld van goud gemaak, maar Sadrag, Mesag en Abednego wou nie die beeld aanbid nie.
Vers 19: Hy gee toe bevel dat die oond sewe maal warmer gemaak moes word, en hulle daarin gegooi moes word.
Vers 21: Hulle is toe met klere en al in die oond gegooi, en die manne wat hulle in die oond gegooi het, is doodgebrand maar hulle het niks oorgekom nie. Hulle klere het nie eers na rook geruik nie, en ‘n Engel was saam met hulle in die oond.
Dan 4 vers 25: En Daniël sê aan koning Nebukadnesar: Hulle sal u uit die mensdom verstoot, en u woning sal saam met die diere van die veld wees, en hulle sal u soos die beeste plante laat eet; En u sal deur die dou van die hemel natgemaak word, en sewe tydperke sal oor u heengaan totdat u erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil. En dit het so gebeur.
Dan 5 vers 1: Koning Belsasar het ‘n maaltyd berei vir sy duisend maghebbers.
Vers 2: En bevel gegee om die goue en silwer voorwerpe te bring wat sy vader, koning Nebukadnesar, uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat sy maghebbers, vroue en byvroue daaruit kon drink, en hulle het daaruit gedrink.
Vers 5: Op dieselfde oomblik het daar vingers van ‘n mens se hand te voorskyn gekom en op die kalk van die muur geskrywe.
Dan 6 vers 1: Koning Darius het ‘n bevel uitgereik dat niemand iemand anders aanbid of geraadpleeg mag word vir dertig dae nie, en Daniël is gevang waar hy God aanbid.
Vers 17: Daniël is toe in die leeukuil gegooi.
Vers 21: Die volgende oggend, by die leeukuil, roep die koning: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?
Vers 23: En Daniël antwoord: My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie.
Hos 1 vers 2: Die Here het aan Hosea gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; Want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die Here afvallig te word.
Vers 3: Toe het hy Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; En sy het vir hom ‘n seun gebaar.
Vers 4: En die Here het gesê: Noem hom Jisreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal ek die bloedskuld van Jisreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.
Vers 5: In die dag sal ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jisreël.
Vers 6: Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar, en die Here het gesê: Noem haar Lo-Rugama, want ek sal my verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.
Vers 7: Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm, en hulle verlos deur die Here hulle God, en ek sal hulle nie deur boog of swaard, oorlog, perde of ruiters verlos nie.
Vers 8: Nadat Lo-Ruguma gespeen het, het sy weer swanger geword, en ‘n seun gebaar.
Vers 9: En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle sin wees nie.
Vers 10: Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet of getel kan word nie, en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie My volk nie, sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die Lewende God.
Vers 11: Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir julle een hoof aanstel en uit die land optrek; Want groot is die dag van Jisreël!
Vers 12: Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugama.
Hos 3 vers 1: En die Here het vir my gesê: Gaan nog ‘n keer, bemin ‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die Here die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend, en versot is op rosynkoeke.
Vers 2: Toe het ek haar vir my gekoop vir vyftien sikkels silwer en anderhalf homer gars.
Vers 3: En ek het aan haar gesê: Jy sal ‘n lang tyd moet stilsit vir my, nie hoereer nie, en aan geen man behoort nie, en so ook ek teenoor jou.
Hos 3 vers 4: Want die kinders van Israel sal ‘n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en sonder huisgode.
Vers 5: Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die Here hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die Here en na sy goedheid in die laaste van die dae.
Jona 1 vers 1: En die woord van die Here het tot Jona gekom: Gaan na die groot stad Nineve, en spreek daarteen. Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, en op ‘n skip geklim en reisgeld betaal.
Vers 4: Maar die Here het ‘n sterk wind laat opkom, en die skip wou sink.
Vers 7: Die seemanne besluit toe om die lot te werp, om te sien wie op die skip die oorsaak van die storm is, en die loot het op Jona geval.
Vers 15: En hulle het Jona geneem, en in die see gegooi, en die see het stil geword.
Vers 17: En die Here het Jona laat insluk deur ‘n groot vis, en hy was drie dae en drie nagte binne-in die vis se ingewande.
Jona 2 vers 10: Omdat Jona vergifnis gevra het, het die Here die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.
Jona 4 vers 6: Toe beskik God ‘n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof.
Vers 7: Maar God het die volgende môre, toe die dag breek, ‘n wurm beskik om die boom te steek en dit het verdor.
Matt 1 vers 22: En ‘n seuntjie is gebore uit ‘n maagd.
Matt 2 vers 9: En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die kindjie was.
Matt 4 vers 23: En Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan, en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Matt 4 vers 24: En die gerug aangaande Hom is versprei, en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle almal gesond gemaak.
Matt 8 vers 2: En daar het ‘n melaatse man gekom, en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.
Vers 3: Daarop steek Jesus die hand uit en sê: Ek wil! Word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.
Matt 8 vers 5: En daar het ‘n hoofman oor honderd na Hom gekom en gesmeek: My kneg lê tuis verlam, en hy ly hewige pyne.
Vers 7: En Jesus sê: Ek sal kom, en hom gesond maak. Maar die hoofman sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; Maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word. En sy kneg het gesond geword.
Vers 14: En toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy Petrus se skoonmoeder siek lê aan die koors. Hy het haar hand aangeraak, en sy het opgestaan en hulle bedien.
Vers 16: En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring wat van duiwels besete was; En Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; En almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak.
Matt 8 vers 23: En daar het ‘n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe, maar Jesus het geslaap. Hulle maak Hom toe wakker, en Hy sê: Hoekom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.
Matt 8 vers 28: Toe het twee duiwelbesetenes Hom ontmoet, wat uit die grafte uitgekom het, en baie kwaai was, sodat niemand met daardie pad kon verbygaan nie.
Mark 5 vers 2: En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ‘n man met ‘n onreine gees.
Vers 3: En niemand kon selfs met kettings hom bind nie.
Vers 4: Want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en dit is deur hom uitmekaar geruk en stukkend gebreek; En niemand was in staat om hom te tem nie.
Vers 5: En hy het altyddeur aangehou met skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend geslaan.
Vers 9: En Jesus vra vir hom: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio, want ons is baie.
Matt 8 vers 29: En meteens skreeu hulle: Wat het ons met U te doen, Jesus, seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig?
Vers 30: En ver van hulle het ‘n groot trop varke gewei; En die duiwels het Hom gesmeek en gesê: As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke te vaar.
Mark 5 vers 13: Daar was omtrent tweeduisend varke.
Matt 8 vers 32: En Hy sê vir hulle: Gaan! Toe gaan hulle uit en vaar in die trop varke in, en die hele trop varke storm van die krans af in die see, en kom in die see om.
Matt 9 vers 2: En hulle het ‘n verlamde man wat op ‘n bed lë, na Hom gebring; En Jesus sê vir hom: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe. Staan op, neem jou bed op, en gaan na jou huis toe; En hy het opgestaan en huis toe gegaan.
Matt 9 vers 18: Toe kom daar ‘n owerste en val voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom lê U hand op haar, en sy sal lewe.
Vers 19: En Jesus het opgestaan en hom gevolg, saam met Sy dissipels.
Vers 20: En daar het ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, aan die soom van Sy kleed geraak. En Hy sê vir haar: Jou geloof het jou gered. En sy het gesond geword.
Vers 24: Toe Hy by die huis van die owerste kom, stuur Hy die fluitspelers en die skare wat tekere gaan weg, en sê: Die dogtertjie is nie dood nie, maar sy slaap; En hulle het Hom uitgelag.
Vers 25: En Hy het na die dogtertjie gegaan, en haar hand gegryp. En die dogtertjie het opgestaan.
Mark 5 vers 31: Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: Talita, Koemi! Wat beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!
Matt 9 vers 27: En twee blindes het Hom gevolg terwyl hulle uitroep: Wees ons barmhartig, seun van Dawid! En Jesus vra vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? En hulle antwoord: Ja, Here.
Vers 29: Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof. En hulle oë het oopgegaan.
Vers 32: En hulle het ‘n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom gebring. En nadat Hy die duiwel uitgedryf het, het die stomme gepraat.
Matt 12 vers 10: En daar was ‘n man met ‘n verdorde hand.
Vers 13: Toe sê Jesus vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.
Matt 12 vers 22: Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; En Hy het hom gesond gemaak.
Matt 14 vers 19: Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; En Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel, en dank; En nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan Sy dissipels, en die dissipels aan die skare.
Vers 20: En almal het geëet en versadig geword, en twaalf mandjies vol het oorgebly.
Matt 14 vers 25: In die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.
Vers 28: En Petrus wou na Jesus toe loop, en toe hy die sterk wind sien, roep hy: Here, red my!
Vers 31: En Jesus het Sy hand uitgesteek en Petrus gegryp, en gesê: kleingelowige, waarom twyfel jy!
Vers 36: En almal wat ongesteld was, is na Hom gebring, en almal wat die soom van Sy kleed aangeraak het, het gesond geword.
Matt 15 vers 36: En Jesus het weer, met ‘n paar vissies en sewe brode, die hele skare kos gegee. En daar het sewe mandjies oorgebly vol kos.
Matt 17 vers 15: Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; Want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.
Vers 16: En ek het hom na U dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.
Vers 18: Daarop bestraf Jesus hom; En die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie oomblik af.
Vers 19: Die dissipels vra Hom toe hoekom hulle dit nie kon doen nie, en Jesus sê: Deur julle ongeloof; Want, voorwaar, Ek sê vir julle: As julle die geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! En hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
Matt 17 vers 24: En toe hulle in Kapernaum kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, vir Petrus belasting gevra.
Vers 27: Jesus sê toe: Gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit, en neem die eerste vis wat opkom; En as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry. (Geldstuk) Neem dit en gee dit vir hulle vir My en vir jou.
Matt 20 vers 30: En daar het twee blindes langs die pad gesit; Toe hulle hoor Jesus gaan verby, roep hulle uit: Wees ons barmhartig, Here, seun van Dawid!
Vers 31: En die skare het hulle bestraf dat hulle moes stilbly, maar hulle het net harder geroep.
Vers 32: Toe vra Jesus: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?
Vers 33: Here, dat ons oë geopen mag word.
Vers 34: En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak. En dadelik het hulle gesien, en Hom gevolg.
Matt 21 vers 19: En Jesus het honger gehad. Toe sien Hy ‘n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; Maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; En Hy sê vir die boom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer ‘n vrug kom nie! En onmiddelik het die vyeboom verdroog.
Matt 27 vers 45: En toe Jesus gekruisig word, het daar van die sesde uur af duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe.
Matt 27 vers 5 1: En toe Jesus die Gees gee, het die voorhangsel van die tempel in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur.
Matt 27 vers 52: En die grafte het oopgegaan, en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
Vers 53: En na die opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
Matt 28 vers 7: En Jesus het opgestaan uit die dode, en gaan voor julle uit na Galilea. Daar sal julle Hom sien. En Hy was daar.
Mark 6 vers 5: En Jesus kon daar geen wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. (Omdat die mense self ongelowig was.)
Vers 6: En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof.
Mark 7 vers 32: Toe bring hulle na Hom ‘n dowe wat swaar praat.
Vers 33: En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek Sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan.
Vers 34: En kyk op na die hemel en sê: Effata. Dit is: Gaan oop!
Vers 35: En sy ore het oopgegaan, en hy kon reg praat.
Mark 8 vers 5: Hulle het honger geword, en Hy vra: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.
Vers 8: En hulle almal het geëet en versadig geword. Vierduisend mense. En daar het nog sewe mandjies oorgebly.
Mark 8 vers 23: Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom buitekant die dorp. En nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.
Vers 24: En hy sê: Ek sien die mense soos bome rondloop.
Vers 25: Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk. En hy kon almal van ver af duidelik sien.
Mark 9 vers 24: En Jesus sê vir hom: Wat dit betref- As jy kan glo - Alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
Vers 28: En Sy dissipels vra Hom: Waarom kon ons nie die gees uitdrywe nie?
Vers 29: En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.
Mark 16 vers 16: Hy wat glo en hom laat doop sal gered word; Maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Vers 17: En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek.
Vers 18: Slange sal hulle opneem; En as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; Op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Lukas 1 vers 7: En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was, en albei op ver gevorderde leeftyd.
Vers 13: En die Engel sê vir hom: Jou gebede is verhoor. Jou vrou sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.
Vers 15: En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal met die Heilige Gees vervul word reeds van die skoot van sy moeder af.
Luk 1 vers 20: En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie, tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy My woorde nie geglo het nie. Ek is Gabriël wat voor God staan.
Luk 4 vers 2: En in die woestyn is Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek. En Hy het niks geëet in die dae nie. En toe dit verby was, het Hy naderhand honger geword.
Luk 5 vers 6: En toe hulle die nette ingooi, het dit ‘n groot menigte visse ingesluit, en hulle net wou skeur.
Vers 7: Daarop wink hulle vir ‘n ander boot om te kom help. En hulle het altwee die skuite volgemaak, sodat hulle amper gesink het.
Luk 7 vers 14: En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op!
Vers 15: En die dooie het regop gaan sit en begin praat; En Hy het hom aan sy moeder teruggegee.
Luk 13 vers 11: En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid gehad het al vir agtien jaar lank, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.
Vers 13: En Hy het haar die hande opgelê, en dadelik het sy regop gestaan, en God verheerlik.
Luk 14 vers 2: En daar was voor Hom ‘n man wat die water gehad het. En Jesus het hom op die sabbat gesond gemaak, en hom laat gaan.
Luk 17 vers 12: Toe Jesus by ‘n sekere dorp ingaan, kom daar tien melaatse manne Hom tegemoet.
Vers 13: En gesê: Meester, wees ons barmhartig!
Vers 14: En Jesus sê: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
Luk 24 Vers 36: En Jesus het opgestaan uit die dode, en terwyl Sy dissipels hieroor praat, staan Jesus self in hulle midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
Vers 37: Toe het hulle verskrik en baie bang geword, en gemeen dat hulle ‘n gees sien.
Vers 39: En Jesus sê: Kyk na My hande en My voete, (Die wonde waar die spykers aan die kruis deurgegaan het) want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; Want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat ek het nie.
Joh 1 vers 49: Nataneal sê vir Jesus: Waarvandaan ken u my? En Jesus sê: Voordat Philippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien. (Dit was ver daarvandaan, buite sig.)
Joh 2 vers 7: Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water; En hulle het dit tot bo volgemaak.
Vers 8: En Hy sê: Skep dit nou uit en bring dit vir die hoofdienaar.
Vers 9: En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het, sê hy vir die bruidegom: Elke mens sit eers die goeie wyn op, maar u het dit gebêre vir laaste.
Joh 5 vers 3: Daarin het ‘n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roetering van die water gewag het
Vers 4: Want ‘n Engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan na die roering, het gesond geword, aan watter siekte hy ookal gely het.
Vers 5: En ‘n sekere man, wat al agt-en-dertig jaar aan sy siekte gely het, het daar gelê.
Vers 7: En hy sê vir Jesus: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie, en ‘n ander is my altyd voor.
Vers 8: En Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op, en loop. En dit het so gebeur.
Joh 9 vers 6: Toe spuug Hy op die grond, en maak klei van die spuug, en smeer die klei aan die oë van die blinde man.
Vers 7: En sê vir hom: Gaan was jou in die badwater van Siloam. En hy het siende teruggekom.
Joh 11 vers 14: En Jesus sê vir hulle: Lasarus is dood.
Vers 17: En toe Jesus kom, het Hy gevind dat Lasarus al vier dae in die graf was.
Vers 39: Jesus sê: Neem die steen weg. En Martha die suster van Lasarus, sê vir Jesus: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.
Vers 41: En Jesus het Sy oë opgeslaan en gesê: Vader, ek dank u dat u my verhoor het.
Vers 43: En geroep: Lasarus, kom uit!
Vers 44: En die oorledene het uitgekom, aan die hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met ‘n doek. Jesus sê vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.
Joh 21 vers 5: En Jesus sê: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? En hulle antwoord: Nee. Hy sê toe: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Daar was toe so ‘n menigte van visse dat hulle nie in staat was om die net te trek nie. Daar was 153 groot visse in.
Hand 5 vers 15: En die apostels het mense gesond gemaak, sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en op draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit dat net sy skaduwee op iemand sou val.
Vers 16: En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring, en mense wat deur onreine geeste gekwel was; En hulle is almal genees.
Hand 5 vers 19: Maar ‘n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei.
Hand 9 vers 3: En toe Saulus op reis was omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af;
Vers 4: En hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
Vers 8: Toe Saul van die grond af opstaan, kon hy nie sien nie, alhoewel sy oë oop was.
Vers 12: En Saul het in ‘n gesig ‘n man gesien met die naam van Ananias wat die hande op hom lê sodat hy weer kan sien.
Vers 18: Ananias het toe by hom gekom en hom die hande opgelê. En dadelik het iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon sien; En hy het opgestaan, en is gedoop.
Han 9 vers 33: En Petrus vind daar ‘n man met die naam Eneas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.
Vers 34: En Petrus sê vir hom: Eneas, Jesus Christus maak jou gesond; Staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan. Vers 36: En daar was ‘n dissipelin met die naam van Tabita, en sy het gesterf.
Vers 40: En Petrus het almal buitentoe gestuur, en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabita, staan op! En sy het haar oë oopgemaak, en regop gaan sit.
Hand 12 vers 6: En Petrus is in die gevangenis gegooi, en deur vier wagte bewaak, en het tussen twee soldate geslaap, en was geboei, met wagte voor die deur.
Vers 7: Meteens was daar ‘n engel, en ‘n lig skyn in die gevangenis. En die boeie het van sy hande afgeval, en hulle het uitgeloop.
Vers 10: En die ysterpoort het vanself vir hulle oopgegaan.
Vers 19: Daarop het Herodes hom gesoek, en nie gekry nie, en bevel gegee dat die wagte tereggestel moes word.
Vers 21: En op ‘n bepaalde dag het Herodes op sy troon gaan sit, en hulle toegespreek.
Vers 22: Daarop het die volk hom toegeroep; ‘n stem van God en nie van ‘n mens nie!
Vers 23: En onmiddelik het ‘n Engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; En hy is deur wurms verteer en het gesterwe.
Han 14 vers 8: En in Listre het daar ‘n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.
Vers 9: Hy het geluister terwyl Paulus spreek; En Paulus het die oë op hom gehou, en toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,
Vers 10: Met ‘n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop.
Han 20 vers 9: En terwyl Paulus laat in die aand nog preek, het ‘n jongman wat in die venster gesit het, aan die slaap geraak, en drie verdiepings na sy dood geval.
Vers 10: Toe gaan Paulus ondertoe en val op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so tekere gaan nie, want sy lewe is in hom.
Vers 12: En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring.
Han 28 vers 3: En Paulus het droë hout bymekaargemaak, en ‘n adder het hom aan sy hand gebyt.
Vers 5: Maar hy het die slang in die vuur afgeskud, en geen kwaad gely nie.
Vers 8: En Paulus se vader het siek gelê aan koors en buikloop. Paulus het ingegaan en hom gesond gemaak.
Openb 11 vers 3: En Ek sal twee profete gee wat in sakke bekleed sal wees, en hulle sal eenduisend-tweehonderd-en-sestig dae lank profeteer. (Drie en ‘n half jaar.)
Vers 5: As iemand hulle wil beskadig sal vuur diegene verteer. As iemand hulle wil beskadig moet hy op dieselfde wyse gedood word.
Openb 11 vers 6: Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hul profesie geen reën sal val nie. (Vir drie en ‘n half jaar! ‘n Droogte en hongersnood soos nog nooit tevore nie!) En hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander, en om die aarde te tref met allerhande plaë so dikwels as hulle wil.
Vers 7: Na die drie en ‘n half jaar sal hulle gedood word.
Vers 8: En hul lyke sal lê op straat in die groot stad waar Jesus gekruisig is.
Vers 9: En mense sal hul lyke drie en ‘n halwe dag sien lê en nie toelaat dat hul lyke in die graf gelê word nie.
Vers 11: En na drie en ‘n halwe dag sal hul lewend word en op hul voete gaan staan.
Vers 12: En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in ‘n wolk, (VVV) en hul vyande het hulle aanskou.
Han 13 vers 6: En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos, en ‘n towenaar gevind, ‘n valse profeet, ‘n Jood met die naam van BarJesus.
Vers 7: En die goewerneur het hulle laat roep om die woord te leer.
Vers 8: Maar die towenaar het hulle teëgestaan, en probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.
Vers 10: Maar Paulus sê vir hom: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?
Vers 11: En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ‘n tyd lank nie sien nie; En onmiddelik het hy blind geword.
Vers 12: En die goewerneur was verslae en het geglo. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: