Saterdag 20 Maart 2010

Hoe lyk en doen engele, en kan ‘n mens God sien?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Dan 10 Vers 5: En daar sien ek ‘n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas.
Vers 6: En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van ‘n menigte.
Exo 31 Vers 17: Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
Gen 18 Vers 1: Daarna het die Here aan Abraham verskyn. Daar was drie manne.
Vers 8: En hulle het dikmelk, soetmelk en kalfsvleis saam met hom geëet.
Gen 19 Vers 1: En Lot het die twee engele gevra om die nag oor te bly en hulle voete te was. En hy het ‘n maaltyd voorberei en hulle het geëet. (Engele was dus hul voete, en kan eet.)
Vers 4: Hulle het nog nie gaan slaap nie ... (hulle kan dus ook slaap.)
Vers 5: Bring die manne (engele) na ons uit, ons wil hulle beken.
Vers 11: Toe slaan die engele almal by die ingang met blindheid.
Gen 32 Vers 24: En Jakob het die hele nag tot dagbreek met ‘n man geworstel
Vers 25: En toe hy sien hy kan Jakob nie oorwin nie, slaan hy Jakob se heupbeen uit lit.
Vers 28: Toe sê hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
Vers 30: Toe noem Jakob die plek Pniel, want ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. (Dit was ‘n engel. Geen mens kan God sien en leef nie.)
Vers 32: Daarom eet die kinders van Israel nie die heupsening nie tot vandag toe, omdat God hom op die heupsening geslaan het.
Hos 12 Vers 5: Ja, hy het met die engel geworstel en die oorhand gekry.
Exo 24 Vers 10: En hulle het die God van Israel gesien, en onder Sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. (Jesus)
Vers 17: En die verskyning van die Here op die berg Sinai het aan die ander Israeliete gelyk soos ‘n verterende vuur op die berg.
Exo 33 Vers 20: Jy kan My aangesig nie sien nie, want geen mens kan My aangesig sien en bly lewe nie.
Vers 23: En as Ek My hand wegneem, sal jy My van agter sien, maar My aangesig kan nie gesien word nie.
Lev 21 Vers 6: Heilig moet hul aan hul God wees want hulle offer die vuuroffers van die Here, die spys van hulle God.
Josua 5 Vers 13: En terwyl Josua by Jerigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand. En Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort u by ons of by ons vyande?
Vers 14: En hy sê: Nee, maar ek is die leërowerste van die Here.
Rigt 13 Vers 6: Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en sê: ‘n Man van God het na my gekom, en sy voorkoms was soos die voorkoms van die engel van God, baie vreeslik.
Rigt 13 Vers 20: Toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die engel van die Here in die vlam van die altaar opgevaar.
Job 42 Vers 5: Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
Psalm 50 Vers 12: As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is Myne en sy volheid.
Jes 6 Vers 2: Serafs het bo hom gestaan, elkeen het ses vlerke gehad: Met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.
Jer 4 Vers 28: Hieroor sal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra. (Hulle dra dus klere.)
Eseg 1 Vers 5: En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: Hulle het die gestalte van ‘n mens gehad.
Vers 6: En elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke.
Vers 7: En hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van ‘n kalfspoot; en hulle het geglinster soos blink geskuurde koper.
Vers 8: En mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier,
Vers 9: Hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan.
Vers 10: En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ‘n mens; en al vier het die gesig van ‘n leeu gehad aan die regterkant en al vier die gesig van ‘n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ‘n arend gehad.
Vers 11: En hulle vlerke het uitgesprei na boontoe; elkeen het twee gehad wat met mekaar verbind was, en twee wat hulle liggame bedek het.
Vers 12: En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan; waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie.
Vers 13: Aangaande die gestalte van die wesens: Hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole; soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het ‘n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.
Vers 14: En die wesens het heen en weer gesnel, in aansien soos ‘n bliksemstraal.
Vers 15: Ek het toe die wesens nader bekyk; daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.
Vers 16: Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos die van ‘n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms asof daar ‘n wiel binne-in ‘n wiel was.
Vers 17: Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.
Vers 18: En hulle vellings - die was hoog en die was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë.
Vers 19: En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef.
Vers 20: Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele.
Vers 21: As die gaan, gaan hulle, en as die bly staan, staan hulle; en as die hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wesens was in die wiele.
Vers 22: En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van ‘n uitspansel wat blink soos die wonderbare kristal bo-oor hulle hoofde uitgesprei.
Vers 23: En onder die uitspansel heen was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek; en elkeen het twee gehad wat duskant en anderkant hul liggame bedek het.
Vers 24: En as hulle gaan, het ek die geruis van hulle vlerke gehoor soos die geruis van baie waters, soos die stem van die Almagtige - ‘n gedruis soos die gedreun van ‘n leër. As hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
Vers 26: En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van ‘n troon; en op die troongestalte ‘n gestalte wat soos ‘n Mens gelyk het. (Jesus)
Vers 27: Ek sien toe iets soos blinkende metaal; van wat soos Sy lendene gelyk het boontoe soos vuur rondom in ‘n omhulsel gevat; en van wat soos Sy lendene gelyk het ondertoe, het ek iets gesien soos vuur met ‘n glans daaromheen.
Vers 28: Soos die gedaante is van die boog wat in die wolk is op ‘n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die Here gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.
Eseg 8 Vers 2: En daar was ‘n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos Sy lendene gelyk het ondertoe, was vuur, en boontoe iets net soos ‘n hemelglans wat soos blinkende metaal geskyn het.
Vers 3: Toe steek hy iets uit wat die vorm van ‘n hand het en vat my aan die kuifhare van my hoof.
Eseg 40 Vers 3: En kyk, daar was ‘n man wat in sy voorkoms soos koper gelyk het;
Eseg 43 Vers 3: En die gesig wat ek gesien het (met die wederkoms van Jesus) was dieselfde as by die Kebarrivier. (Jesus kom dus met vlieênde pierings.)
Matt 28 Vers 3: En Sy gedaante was soos weerlig en Sy kleding wit soos sneeu.
Mark 16 Vers 5: En toe hulle in die graf ingaan, sien hulle ‘n jongman, met ‘n lang wit kleed om, aan die regterkant sit.
Vers 12: En hierna het Hy in ‘n ander gedaante aan hulle verskyn.
Luk 13 Vers 35: En Jesus sê: Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here.
Joh 5 Vers 37: En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit Sy stem gehoor of Sy gedaante gesien nie.
Joh 6 Vers 46: Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
Openb 10 Vers 1: En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur.
Gen 6 Vers 1: Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
Vers 2: Sien die Seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hul as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Vers 4: In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die Seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. (Die verheerlikte liggaam wat ons ook sal kry kan dus ook seksueel voortplant.)
Heb 13:2 Be not forgetful to entertain strangers: for thereby some have entertained angels unawares.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: