GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 2 Vers 25: En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
Gen 3 Vers 21: En die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.
Deut 22 Vers 30: ‘n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie. (Mag nie sy vader of moeder se naaktheid sien nie.)
Matt 5 vers 28: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. (Dit is onmoontlik vir ‘n man om ‘n mooi geboude vrou, naak, in verskillende posissies te aanskou, en haar nie te begeer nie.)
1 Kor 16 Vers 10: Moenie dwaal nie geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Lev 18 Vers 4: My verordeninge moet julle doen en My insettinge hou om daarin te wandel sodat julle daardeur kan lewe. Ek is die Here julle God.
Vers 6: Niemand mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. (Jy mag hulle naaktheid nie aanskou nie.)
Vers 7: Jy mag die skaamte van jou vader en jou moeder nie ontbloot nie.
Vers 8: Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie.
Vers 9: Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of moeder, in die huis of buitekant gebore - haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
Vers 10: Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter mag jy nie ontbloot nie, want hulle is jou eie skaamte.
Vers 11: Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is - sy is jou suster, mag jy nie ontbloot nie.
Vers 12: Die skaamte van jou vader se suster mag jy nie ontbloot nie - sy is jou vader se bloedverwant.
Vers 13: Ook nie jou moeder se suster nie.
Vers 14: Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie; jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.
Vers 15: Ook nie jou skoondogter nie.
Vers 16: Ook nie jou broer se vrou nie.
Vers 17: Jy mag die skaamte van ‘n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
Vers 24: Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want hierdeur is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.
Vers 25: Hierdeur het die land dan onrein geword.
Vers 26: Maar julle mag niks van hierdie gruwels doen nie.
Vers 27: Want die mense van die land wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.
Vers 28: Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.
Vers 29: Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen moet uitgeroei word onder hulle volk uit.
(Diegene wat beweer dat skaamte ontbloot beteken gemeenskap hê, is verkeerd. Die Bybel maak ‘n duidelike onderskeid, soos bv:)
Exo 22 Vers 16: As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie verlei, en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
Lev 15 Vers 18: En wat die vrou aangaan met wie ‘n man vleeslike gemeenskap het, altwee moet ‘n bad neem en sal tot die aand onrein wees.
Lev 18 Vers 20: Jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.
Lev 20 :10 As iemand owerspel doen met ‘n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.
Vers 11: As ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, hulle altwee moet sekerlik gedood word.
Vers 12: As ‘n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het ‘n gruwelike vermenging bewerk.
Vers 13: As ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word.
Vers 14: En as ‘n man ‘n vrou en haar dogter neem, is dit ‘n skandelike daad. Hulle moet hom en die twee met vuur verbrand. Daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking