Saterdag 20 Maart 2010

Dobbel



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Psalm 15 Vers 5: Wat sy geld nie gee op woeker ...
Spr 28 Vers 8: Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm. (Vir iemand anders.)
Spr 28 Vers 16: ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersings, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
Jes 65 Vers 11: Maar julle wat die Here verlaat, wat My Heilige berg vergeet, wat ‘n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot, (geluksgodin.)
Vers 12: Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in My oë en verkies het wat My nie behaag nie.
Vers 13: Daarom, so sê die Here Here: Kyk, My knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, My knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, My knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.
Vers 14: Kyk, My knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is, maar julle sal skreeu van pyn in die hart en huil deur die verbreking van gees.
Vers 15: En julle sal jul naam vir My uitverkorenes as ‘n woord van verwensing laat agterbly, en die Here Here sal jou ombring.
Deut 23 Vers 18: Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die Here jou God as enige gelofte-offer bring nie; want die altwee is vir die Here jou God ‘n gruwel. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: