Sondag 21 Maart 2010

Wie is Hoof van die huis?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 3 Vers 16: En na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.
Efe 5 Vers 22: Vroue, wees aan jul eie mans onderdanig, soos aan die Here.
Vers 23: Want die man is die hoof van die vrou.
Vers 24: Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
Vers 33: En die vrou moet die man eerbiedig.
Levit 27 Vers 3: Dan moet jou skatting vir ‘n manspersoon van twintig tot sestig jaar vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die Heiligdom.
Vers 4: Maar is dit ‘n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.
Num 30 Vers 13: Elke gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig - haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak.
11 Kron 8 Vers 11: En Salomo het die dogter van Farao (Swart) uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel nie; want dit is heilig, omdat die Ark van die Here daarin gekom het.
Ester 1 Vers 11: Koning Ahasveros wou hê dat sy vrou, die koningin Vasti, haar koningklike kroon moes opsit, en haar skoonheid aan die volke en vorste moes toon, want sy was mooi van aansien.
Vers 12: Maar koningin Vasti het geweier, en Ahasveros het baie kwaad geword.
Vers 16: Toe sê Memugan voor die koning en die vorste: Nie alleen teen die koning het koningin Vasti misdaan nie, maar ook teen al die vorste en al die volke.
Vers 17: Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak.
Vers 19: Van daardie dag af mag sy toe nooit weer voor die koning kom nie, en haar koninklike waardigheid is van haar weggeneem.
Vers 22: En koning Ahasveros het briewe gestuur aan al die provinsies, en gesê: (Aan elkeen in sy eie taal) dat elke man in sy huis baas moet wees en sy volkstaal praat.
1 Kor 11 Vers 3: Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
Vers 7: Want ‘n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
Vers 8: Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.
Vers 9: Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
1 Kor 14 Vers 34: Julle vroue moet in die gemeentes swyg, want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.
Vers 35: Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.
Kol 3 Vers 18: Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.
Vers 19: Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.
1 Tim 2 Vers 12: Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
Vers 13: Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
Vers 14: En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
Exo 34 Vers 23: Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die Aangesig van die Here Here, die God van Israel, verskyn.
1 Pet 3 Vers 1: Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die Woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word.
Vers 2: As hulle jul reine, Godsvresende wandel aanskou het.
Vers 3: Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: Haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,
Vers 4: Maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
Vers 5: Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig.
Vers 6: Soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: