Vrydag 19 Maart 2010

Weet God alles wat gebeur of vind Hy later uit?

Weet God alles wat gebeur of vind Hy later uit indien dit belangrik genoeg is? en besluitneming of handeling in die hemel

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 3 Vers 11: En God vra Adam: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? (Indien God geweet het, hoekom het Hy gevra?)
Gen 4 Vers 9: Toe vra God vir Kain: Waar is jou broer Abel?
Vers 10: En God sê: Wat het jy gedoen? die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. (Abel se siel het dit dus aan God te kenne gegee.)
Gen 11 Vers 5: Toe daal die Here neer om die stad en toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.
Gen 18 Vers 21: En God sê: Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep (boodskap?) wat by My uitgekom het of nie. Ek wil dit weet.
Hos 8 Vers 4: Hulle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder My wete.
Eseg 16 Vers 50: En toe hulle hoogmoedig was en gruwelikheid voor My Aangesig bedryf het, het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim. (Sodom en Gomorra.)
Gen 32 Vers 27: En Hy vra hom: Hoe is jou naam? en hy antwoord: Jakob.
Exo 2 Vers 23: En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny, en hulle geroep om hulp het opgeklim tot God.
Exodus 3 Vers 9: Toe sê God: En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien.
Exo 6 Vers 4: En God het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word.
Num 11 Vers 1: En die volk het hulle voor die ore van die Here beklaag dat dit sleg gaan. En toe die Here dit hoor, het Sy toorn ontvlam.
Num 12 Vers 2: En hulle het gesê: Het die Here dan maar alleen met Moses gespreek? het Hy nie ook met ons gespreek nie? en die Here het dit gehoor.
Num 22 Vers 9: En God het na Bileam gekom en gesê: Wie is die manne daar by jou?
Vers 10: En bileam het geantwoord: Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab,
1 Kon 22 Vers 19: Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die Here: Ek het die Here sien sit op Sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan Sy regter, en aan Sy linkerhand.
Vers 20: En die Here het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gillead? en die een het so gesê, en die ander weer so.
Vers 21: Toe kom die Gees vorentoe en gaan voor die Aangesig van die Here staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die Here vra hom: Waarmee?
Vers 22: En Hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En die Here sê: Jy sal oorhaal, ja, Jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
Vers 23: En nou, kyk, die Here het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die Here het onheil oor u gespreek.
Vers 24: Daarop kom Sedekia nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van die Here van my af weggegaan om met jou te spreek?
Vers 25: En Miga antwoord: Jy sal dit op dieselfde dag sien as jy van kamer tot kamer gaan om jou weg te steek.
Koning Agab en Josafat het toe opgetrek.
Vers 34; Toe het ‘n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref.
Vers 35: En hy het gesterwe, en sy bloed van die wond het in die bak van die wa gevloei.
Vers 38: En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samaria, het die honde sy bloed gelek (terwyl die hoere hulle daarin was) volgens die Woord van die Here wat Hy gespreek het.
Job 1 Vers 1 - 3: En Job was Godvresend, en het afgewyk van die kwaad. En hy het sewe seuns en drie dogters gehad. Hy het seweduisend stuks kleinvee, drieduisend kamele, vyfhonderd paar beeste, en vyfhonderd eselinne en ‘n groot menigte slawe gehad.
Job 1 Vers 6: En op ‘n dag toe die Seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die satan ook onder hulle gekom.
Vers 7: Toe vra die Here vir satan: Waar kom jy vandaan? en satan antwoord die Here: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
Vers 8: En die Here vra vir satan: Het jy ag gegee op My kneg Job? want daar is niemand op die aarde soos hy nie; ‘n man vroom en opreg, Godvresend, en wat afwyk van die kwaad.
Job 1 Vers 10: En satan antwoord die Here: Het U nie self hom en sy huis, en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
Vers 12: Daarop sê die Here aan satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En satan het weggegaan van die Aangesig van die Here.
Vers 14 - 19: En die Sabeërs het sy beeste gesteel, die vuur van God het van die hemel geval en sy kleinvee het verbrand, (satan het dus ook mag oor die weerlig) die Chaldeërs het die kamele gesteel, en ‘n groot wind het sy huis omgewaai, en sy seuns en dogters is dood. (Indien jy dus nie ‘n groot gelowige kind is nie, het satan ook mag oor jou lewe.)
Vers 20: Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval.
Vers 2 1: En gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem; die Naam van die Here sy geloofd!
Job 2 Vers 1: Toe op ‘n dag dat die Seuns van God weer voor die Here is, kom satan daar aan, en die Here vra hom: Het jy ag gegee op My kneg Job? hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
Vers 5: Toe sê satan: Tas net sy gebeente aan, en hy sal U in U Aangesig slegsê.
Vers 6: En die Here sê: Kyk, hy is in jou hand, spaar net sy lewe.
Vers 7: En satan het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
Vers 10: Maar Job antwoord: Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? by dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
Psalm 14 Vers 2: Die Here het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
Psalm 38 Vers 10: Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.
Psalm 78 Vers 21: Daarom het die Here gehoor en toornig geword.
Psalm 106 Vers 44: Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het.
Pred 5 Vers 7: As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land - verwonder jou nie oor die saak nie, want ‘n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle.
Jes 6 Vers 8: Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? en wie sal vir ons gaan? toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
Jes 24 Vers 21: En in die dag sal die Here besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;
Jes 37 Vers 21: Toe laat Jesaja, die seun van Amos, vir Hiskia weet: So spreek die Here, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het aangaande Sanherib, het Ek gehoor.
Vers 29: Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in My ore...
Jes 38 Vers 5: Ek het jou gebed gehoor ...
Hos 8 Vers 4: Hulle het konings aangestel, maar nie uit My nie, hulle het vorste gekies, maar sonder My wete; (God weet dus nie alles nie, maar as dit belangrik genoeg is, SAL Hy dit weet.)
Amos 3 Vers 1-2: Hoor hierdie woord wat die Here oor julle gespreek het, o kinders van Israel. Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; daarom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.
Amos 3 Vers 6: Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die Here dit nie bewerk het nie?
Vers 7: Want die Here Here doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
Sag 3 Vers 1: Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die engel van die Here staan, en die satan aan Sy regterhand staan om hom aan te kla.
Vers 2: Toe sê die Here aan satan: Mag die Here jou bestraf, o satan! is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?
Vers 3: En Josua was bekleed met vuil klere terwyl hy voor die engel staan.
Vers 4: Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.
Vers 5: En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit, en hom beklee met nuwe klere, terwyl die engel van die Here daarby staan.
Vers 6: En die engel van die Here het Josua plegtig verseker en gesê:
Vers 7: So sê die Here: As jy in My weë wandel, en as jy My verordeninge onderhou, dan sal jy My huis bestuur sowel as My voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.
Matt 4 Vers 12: En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galilea teruggegaan. (Met Jesus was dit dieselfde.)
Matt 5 Vers 22: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; (in die hemel) en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die groot raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Matt 6 Vers 17: Maar as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is, en in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Jak 5 Vers 4: Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare. (Alles kom dus nie tot in die ore van die Here nie).
Joh 5 Vers 30: Ek kan uit myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek;
Rom 11 Vers 4: Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor baal nie gebuig het nie. (Hoe het God geweet van die manne? ons word dus almal dopgehou deur ‘n engel, of deur die Gees van God wat in jou woon. Elke daad van ons sal later bekend wees by God, op die oordeelsdag. Of dit nou ‘n goeie of slegte daad was, alle dade.)
11 Kron 16 Vers 9: Want die Here - Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is.
Psalm 17 Vers 12: As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! - sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? en Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
Pred 10 Vers 20: Vloek die koning selfs in jou gedagtes nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes (Engele) die woord te kenne gee.
Luk 1 Vers 20: En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie, tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy My woorde nie geglo het nie. Ek is Gabriël wat voor God staan.
Mal 3 Vers 16: Toe het die wat die Here vrees, met mekaar gespreek; en die Here het dit opgemerk en dit gehoor. En daar is ‘n gedenkboek voor Sy Aangesig geskrywe vir die wat die Here vrees en Sy Naam eer.
11 Kron 32 Vers 3 1: Het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.
Deut 13 Vers 3: Want die Here julle God beproef julle om te weet of julle werklik die Here julle God liefhet.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: