Saterdag 20 Maart 2010

Die Heilige Gees, die Gees van God



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 36 Vers 27: En Ek sal My Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in My insettinge wandel en My verordeninge onderhou en doen.
Num 11 Vers 17: Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.
Vers 25: Daarop het die Here neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder, en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.
Vers 26: Maar twee van die manne het in die laer agtergebly, en hulle het in die laer geprofeteer.
Vers 28: En Josua, die seun van Nun, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit !
Vers 29: Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? ag, as die hele volk van die Here maar profete was, dat die Here Sy Gees oor hulle mag gee. (Almal het nie die Gees nie.)
1 Sam 16 Vers 14: Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk.
1 Sam 19 Vers 20: Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Toe het die Gees van God oor die boodskappers gekom sodat hulle ook geprofeteer het.
Vers 21: Toe hulle dit aan Saul meedeel het hy ander boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer; en Saul het die derde keer boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer.
Vers 23: Daarop gaan Saul self daarheen, en die Gees van God het ook oor hom gekom, sodat hy aldeur geloop en profeteer het.
Vers 24: Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor Samuel geprofeteer en ontbloot neergeval daardie hele dag en die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook onder die profete?
11 Sam 23 Vers 2: En Dawid sê: Die Gees van die Here spreek in my, en Sy Woord is op my tong.
Spr 1 Vers 23: Wend julle tot My teregwysing, dan laat Ek My Gees vir julle uitstroom, wil Ek My Woorde aan julle bekend maak.
Spr 1 Vers 24: Omdat Ek geroep en julle geweier het, Ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,
Vers 25: En julle al My raad nie opgevolg en van My teregwysing nie wou geweet het nie,
Vers 26: Daarom sal Ek ook lag by julle ondergang, Ek sal spot as julle verskrikking kom;
Luk 1 Vers 15: En hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. (Dus, gewoonlik nie van kleintyd af nie. Miskien eers van die doop af. Dit was met Jesus so, toe die Gees afdaal in die vorm van ‘n duif.)
Luk 17 Vers 20: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. (Nadat Jesus gekruisig is.)
Vers 21: En hulle sal nie sê: Kyk hier! of kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
Joh 3 Vers 34: Want Hy vir wie God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
Joh 7 Vers 38: Hy wat in My glo, soos die skrif sê: Strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
Vers 39: En dit het Jesus gesê van die Gees wat die sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
Joh 14 Vers 16: En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee, om by julle te bly tot in ewigheid.
Vers 17: Die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom. Omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Vers 26: Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Joh 15 Vers 26: Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die Waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van my getuig.
Joh 16 Vers 7: Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie. Maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.
Vers 8: En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.
Vers 13: Hy sal die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Hand 2 Vers 2: Toe die dissipels op die pinksterfees almal bymekaar was, kom daar skielik uit die hemel ‘n geluid soos ‘n geweldige rukwind; en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
Vers 3: Toe is deur hulle Tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
Vers 4: En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Hand 2 Vers 6: En vreemde Jode was verbaas, want elkeen het gepraat in sy taal; uit elke nasie wat onder die hemel is.
Vers 17: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van My Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. (Alle vlees het dus nie die Heilige Gees nie.)
Vers 18: En ook op My diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van My Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
Han 13 Vers 2: En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
Han 16 Vers 6: Die Heilige Gees het hulle verhinder om in Asië die woord te verkondig.
Vers 7: En hulle het probeer om na Bithime te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.
1 Joh 4 Vers 12: Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.
Vers 13: Hieraan weet ons dat ons in Hom bly, en Hy in ons, dat Hy ons van Sy Gees gegee het.
Vers 15: Elkeen wat bely dat Jesus die seun van God is - God bly in hom en hy in God.
Spr 20 Vers 27: Die Gees van die mens is ‘n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: