Sondag 21 Maart 2010

Bestaan geeste, en is daar ‘n gees in alle mense?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Num 27 Vers 16: Laat die Here, die God van die geeste van alle vlees, ‘n man oor die vergadering aanstel.
Vers 18: Toe sê die Here aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, ‘n man in wie die gees is; en lê hom die hand op. (Almal het dus nie die Heilige Gees nie.)
Rigt 9 Vers 23: Toe het God ‘n bose gees gestuur tussen Abimeleg en die burgers van Sigem, en hulle het troueloos gehandel teen Abimeleg.
1 Sam 16 Vers 14: Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik.
Vers 16: Ons sal ‘n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel.
Vers 23: En net wanneer die gees oor Saul kom, speel Dawid met die siter; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.
Jes 8 Vers 19: En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel - moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie? moet vir die lewendes die dooies gevra word?
Jw 44 Vers 3: Ek sal My Gees op jou kroos giet en My seën op jou nakomelinge. (Na die wederkoms - gedurende die duisend jaar van vrede.)
Matt 12 Vers 43: En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke, en soek rus en vind dit nie.
Mark 13 Vers 10: Moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in die uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: