Saterdag 20 Maart 2010

Wie verteenwoordig jou in die hemel voor God?




Wie verteenwoordig jou in die hemel voor God? advokaat? Mag jy weerwraak neem? mag jy oordeel?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Heb 9 Vers 24: Want Christus het nie ingegaan in die heiligdom met hande gemaak nie, maar in die hemel self om nou voor die Aangesig van God vir ons te verskyn.
Heb 10 Vers 30: Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here. Die Here sal Sy volk oordeel.
Vers 31: Vreeslik is dit om te val in die hande van die Lewende God.
Jak 4 Vers 11: Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Die wat kwaad spreek van sy broeder, en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet, en oordeel die wet, en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter.
Vers 12: Een is die wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat ‘n ander oordeel?
Rom 12 Vers 19: Moenie julle wreek nie, maar gee plek vir die toorn. Want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
Sag 3 Vers 1: Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die engel van die Here staan, en die satan aan sy regterhand staan om hom aan te kla.
Vers 2: Toe sê die Here aan satan: Mag die Here jou bestraf, satan! is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?
Vers 3: En Josua was bekleed met vuil klere terwyl hy voor die engel staan.
Vers 4: Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.
Vers 5: En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit, en hom beklee met nuwe klere, terwyl die engel van die Here daarby staan.
Vers 6: En die engel het Josua plegtig verseker en gesê:
Vers 7: So sê die Here: As jy in My weë wandel, en as jy My verordeninge onderhou, dan sal jy My huis bestuur sowel as My voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.
Jer 20 Vers 12: Maar, Here van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien - laat my U wraak sien op hulle. Want aan U het ek my regsaak toevertrou.
Joh 5 Vers 45: Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig. Moses op wie julle gehoop het.
Jer 11 Vers 20: Maar, o Here van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my U wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
1 Pet 2 Vers 23; Wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel.
Openb 12 Vers 10: Nou het die heil en die krag en die Koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: