Saterdag 20 Maart 2010

Hoe om ‘n baba te verwag en vrugbaar te wees



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 23 Vers 25: En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Vers 26: Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die getal van jou dae volmaak.
Deut 6 Vers 2: Dat jy die Here jou God kan vrees om al Sy insettinge en Sy gebooie wat Ek jou beveel, te hou - jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.
Vers 5: Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
Deut 7 Vers 14: Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
Rigt 13 Vers 3: Maar die engel van die Here het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar, en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en ‘n seun baar.
Num 5 Vers 12: As iemand se vrou afwyk en ‘n troubreuk teen hom begaan,
Vers 13: En ‘n man met haar vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van die man verborge bly en sy nie uitgevind is nie - hoewel sy haar verontreinig het - terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;
Vers 14: En daar kom ‘n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het; of ‘n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;
Vers 15: Dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: ‘n Tiende van ‘n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit ‘n spysoffer van jaloersheid is, ‘n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.
Vers 16: En die priester moet haar laat nader kom en haar voor die Aangesig van die Here stel.
Vers 17: En die priester moet Heilige water in ‘n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.
Vers 18: Daarna moet die priester die vrou voor die Aangesig van die Here stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit- ‘n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.
Vers 19: En die priester moet haar besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie - wees dan vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.
Vers 20: Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat ‘n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het –
Vers 21: So moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die Here jou tot ‘n vervloeking en ‘n verwensing maak onder jou volk deurdat die Here jou heup laat inval en jou skoot laat opswel.
Vers 22: En mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê: Amen, amen!
Vers 23: Daarna moet die priester hierdie vervloeking op ‘n blad skrywe en dit in die water van bitter smart uitwis;
Vers 24: En hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart.
Vers 25: En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die Here beweeg en dit na die altaar bring.
Vers 26: Die priester moet ook van die spysoffer ‘n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.
Vers 27: En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk ‘n vervloeking wees.
Vers 28: Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.
11 Kon 4 Vers 14: En op ‘n ander keer, toe ‘n vermoeënde vrou vir Elisa ‘n kamertjie gebou het, en sy was treurig. Toe vra Elisa: Wat kan ek vir jou doen? en sy sê: Voorwaar, ek het geen seun nie, en my man is oud.
Vers 16: Hy sê toe vir haar: Voorwaar, oor ‘n jaar sa1 jy ‘n seun hê.
Vers 17: En die vrou het swanger geword. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: