Sondag 21 Maart 2010

Het God ook partykeer berou oor wat Hy gesê het?


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

1 Kron 21 Vers 15: En God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die Here dit gesien ,EN DIT HET HOM BEROU oor die onheil. En Hy het aan die engel gesê: Genoeg! Trek jou hand terug!
Gen 6 Vers 7: En die Here sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
Jer 15 Vers 6: Jy het My verwerp, spreek die Here, jy het al agteruitgegaan; daarom strek Ek My hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.

Jer 18 Vers 8: Maar as die nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.
Jer 42 Vers 10: As julle rustig in hierdie land bly, sal Ek julle bou en nie afbreek nie, en julle plant en nie uitruk nie; want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het.
Amos 7 Vers 3; Toe het die Here berou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur nie, het die Here gesê.
Vers 6: Die Here het berou gekry oor hierdie saak. Dit sal ook nie gebeur nie, het die Here Here gesê.
Jona 3 Vers 10: En God het hulle werke gesien, en dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
Jona 4 Vers 1: Maar Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword.

(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: