Saterdag 20 Maart 2010

Gaan Jesus trou as Hy aarde toe kom?



Bruilofslied vir die Messias.
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Joh 1 Vers 42: Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messias gevind - dit is, as dit vertaal word, die Christus.
Psalm 45 Vers 3: U is veel skoner as die mensekinders; (Hemelse liggaam – sien “Hoe lyk Jesus”) genade is uitgestort op U lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
Vers 7: U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van U koningkryk is ‘n regverdige septer.
Vers 8: U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, U God U gesalf met vreugdeolie bo U metgeselle.
Vers 10: Dogters van konings is onder U staatsdogters; die koningin staan aan U regterhand in goud van Ofir.
Vers 11: Hoor, o dogter, en kyk, en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
Vers 12: En as die Koning u skoonheid begeer - want Hy is u heer - buig u dan voor Hom neer,
Vers 13: En, o dogter van Tirus - met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
Vers 14: Louter heerlikheid is die koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
Vers 15: In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
Vers 16: Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
Vers 17: In die plek van U vaders sal U seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. (Jesus het nie vaders nie – hierdie koning moet dus koning Dawid wees wat in Jerusalem koning sal wees, en gaan trou.)
Matt 25 Vers 10: En onderwyl hulle gaan om olie te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gered was, het saam met Hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
Openb 19 Vers 7: Laat ons bly wees en ons verheug, en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom, en Sy vrou het haar gereed gemaak. (Die gereddes)
Vers 9: Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. Dit is die waaragtige woorde van God.
Vers 15: En Hy sal die nasies met ‘n ysterstaf regeer.
Psalm 127 Vers 2: Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet - net so goed gee Hy dit aan Sy beminde in die slaap. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: