Vrydag 19 Maart 2010

Israel se gelowiges gaan vlug na die woestyn

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Openb 2 Vers 17: Wie ‘n oor het laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin sal Ek gee om te eet van die verborge manna.
Openb 3 Vers 10: Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Openb 12 Vers 1: En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n Vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre. (Dit is die twaalf stamme van Israel.)
Vers 2: En sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
Vers 3: En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak (satan) met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
Vers 4: En sy stert het ‘n derde van die sterre van die hemel meegesleep ( ‘n derde van die hemel se engele het hom gevolg) en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
Vers 5: En sy het ‘n manlike kind gebaar (Jesus), wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en Sy troon.
(NOU – IN ONS TYD:)
Vers 6: En die vrou (die gelowiges van Israel) het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend - tweehonderd - en - sestig dae lank. (3.5 Jaar, dit sal wees 3.5 JAAR NA DIE OOREENKOMS VAN 7 JAAR DEUR BAIE LANDE MET ISRAEL.)
Vers 7: En daar het (Sal nog) oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, (satan) en die draak en sy engele het oorlog gevoer;
Vers 8: En hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
Vers 9: En die groot draak (satan) is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, hy en sy engele.
Vers 10: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van Sy Christus, want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
Vers 11: En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. (Die mense wat doodgemaak word omdat hulle nie die 666 wil aanvaar nie, en ook nie die dier en sy beeld wou aanbid nie.)
Vers 12: Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; (Op 'n ander planeet - Jesus het vir ons wonings voorberei in die hemel. Daar is lewe op ander planete!) wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. (3.5 JAAR.)
Vers 13: En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg (Christene - regoor die hele Aarde) wat die Seuntjie gebaar het;
Vers 14: Maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou (Christene) gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, (Space ships) waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd. (Drie-en- ‘n-halfjaar.)
Vers 15: En die slang het uit sy bek water soos ‘n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.
Vers 16: En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het. (Die Vader sal die Aarde laat oopskeur en die water sal wegraak voordat dit die gelowiges bereik.)
Vers 17: En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. (Almal wat bely dat Jesus die Seun van God is.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: