Saterdag 20 Maart 2010

Voorspelling oor die eerste koms van Jesus



Voorspelling oor die eerste koms van Jesus. Voorspellings wat waar geword het

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jer 23 Vers 5: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In Sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon. En dit is sy Naam waarmee Hy genoem sal word: die Here ons geregtigheid. (Verseker nie Here nie!!! Wat is ons God se Naam, predikante? Hoekom steek julle dit vir ons weg?)
Luk 2 Vers 4: En Josef het opgegaan na Judea, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word.
Jes 53 Vers 5: Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die staf wat vir ons die vrede aanbring, (1000 jaar van vrede wat nog moet kom) was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Vers 12: Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, (In die Hemel. Hy praat van Jesus.) en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy Sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
Jes 9 Vers 5: Want ‘n kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors -
Vers 6: Tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koningkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen.
Jes 11 Vers 1: Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra;
Vers 2: En op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.
Vers 3: En Hy het ‘n welgevalle aan die vrees van die Here; en Hy sal nie regspreek na wat Sy oë sien nie, en nie oordeel na wat Sy ore hoor nie;
Miga 5 Vers 1: En jy, Betlehem efrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n heerser in Israel sal wees; en Sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Vers 2: Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ‘n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van Sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.
Sagaria 9 Vers 9: Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! juig, o dogter van Jerusalem! kyk, jou Koning kom na jou; regverdig, en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig, en Hy ry op ‘n esel - op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.
Sag 11 Vers 12: Daarop sê Ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan My loon; toe het hulle My loon afgeweeg: Dertig sikkels silwer.
Vers 13: Hierop sê die Here vir my: Gooi dit vir die pottebakker - die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En Ek het dit in die huis van die Here aan die pottebakker gegooi.
Psalm 22 Vers 16: My krag is verdroog soos ‘n potskerf, en My tong kleef aan My verhemelte; U lê My neer in die stof van die dood.
Vers 17: Want honde het My omsingel; (Jesus noem hulle ook honde) ‘n bende kwaaddoeners het My omring; hulle het My hande en My voete deurgrawe.
Vers 19: Hulle verdeel My klere onder mekaar en werp die lot oor My gewaad.
Vers 25: Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei, en Sy Aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe die Hom aanroep om hulp.
Sag 12 Vers 10: En hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste Seun en bitterlik oor Hom ween, soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.
Vers 11: In die dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-rimmon in die laagte van Megiddo.
Matt 20 Vers 18: En Jesus sê vir Sy dissipels: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel.
Vers 19: En Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gesel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: