Saterdag 20 Maart 2010

Hoe kan jy heilig word of rein wees?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 35 Vers 2: Toe sê Jakob aan sy huisgesin en almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en reinig (was) julle en trek ander klere aan.
Num 31 Vers 19: En julle, slaan sewe dae lank ‘n kamp op buitekant die laer, elkeen wat ‘n mens gedood, en elkeen wat aan ‘n gesneuwelde geraak het - julle moet jul ook op die derde dag en sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.
Vers 20: Ook moet jul al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.
Vers 23: Elke ding wat in die vuur kan kom - moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees. Ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
Vers 24: Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
Jer 13 Vers 27: Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery - op die heuwels in die veld het ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word? (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: