Sondag 21 Maart 2010

Hoekom en hoe gaan die aarde vergaan?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
(In Noag se tyd het die aarde vergaan omdat dit vol geweld was. Dit is vandag weer so.)
Gen 6 Vers 11: Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.
Gen 9 Vers 11: En Ek rig My verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.
Vers 13: My boog gee Ek in die wolke. Dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
Jer 18 Vers 9: Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die Here: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle.
Jer 19 Vers 1: So spreek die Here van die leerskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos ‘n mens ‘n erdepot breek, wat nie meer heel gemaak kan word nie. Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na My woorde nie te luister nie.
Hos 4 Vers 1: Hoor die woord van die Here, o kinders van Israel! want die Here het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Vers 2: Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Vers 3: Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg, die wilde diere en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.
Vers 4: Laat net niemand met ons twis of ons berispe nie! nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis!
Vers 6: My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
Vers 9: Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk - Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade.
Vers 10: Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; (Hoeveel vet mense in ons land?) hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die Here te vereer.
Vers 12: My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee. Want ‘n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hul hoerery het hulle van hul God afvallig geword.
Vers 13: Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.
Vers 14: Want die manne sonder hulle af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot ‘n val.
Vers 16: Want Israel is wederstrewig soos ‘n wederstrewige koei.
Jes 5 Vers 4: Wat is daar meer te doen aan My wingerd (Israel) wat Ek daar nie aan gedoen het nie? waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring?
Vers 5: Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met My wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.
Vers 6: En Ek sal dit ‘n wildernis maak: Dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.
Vers 7: Want die wingerd van die Here van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!
Vers 8: Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.
Jes 5 Vers 9: In my ore het die Here van die leërskare gespreek: Waarlik, baie huise sal ‘n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner.
Jes 24 Vers 1: Kyk, die Here maak die aarde woes en leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.
Vers 2: Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.
Vers 3: Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die Here het hierdie woord gespreek.
Vers 4: Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.
Jes 24 Vers 5: Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insettinge geskend, die ewige verbond verbreek.
Vers 6: Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.
Vers 7: Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.
Vers 8: Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op. Weg is die vreugde van die siter.
Vers 9: Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.
Jes 24 Vers 10: Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.
Vers 11: Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.
Vers 12: Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot ‘n puinhoop stukkend geslaan.
Vers 13: Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na - oes as die druiwe - oes verby is. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: