Saterdag 20 Maart 2010

Word ons beloon vir wat ons op aarde doen?



Word ons beloon vir wat ons op aarde doen? of vergoed? kan jy gered word slegs deur geloof? of werke?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 4 Vers 7: En God sê aan Kain: Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? (verheffing beteken om jou beter toe te rus of bokant ander mense te stel) en as jy nie goed doen nie - die sonde lê en loer voor die deur, maar jy moet daaroor heers.
11 Kor 11 Vers 15: Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.
Gen 22 Vers 2: En God sê aan Abraham: Neem jou enigste seun Isak, en offer hom aan My as ‘n brandoffer.
Vers 17: Omdat jy bereid was om jou seun vir My te offer, sal Ek jou ryklik seën, en jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en die sand van die see.
Jakobus 2 Vers 20: Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
Vers 21: Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar wou offer nie?
Vers 22: Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
Openb 11 Vers 18: En die nasies was vertoornd, en U toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word, en om loon te gee aan U diensknegte, die profete, en aan die heiliges, en aan die die wat U Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.
Openb 20 Vers 12: En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskrywe is.
Vers 13: En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
Openb 22 Vers 12: En kyk, Ek kom gou, en My loon is by my, om elkeen te vergeld soos sy werke sal wees.
11 Kron 15 Vers 7: Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werke.
Job 34 Vers 11: Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens ‘n man se wandel laat Hy hom ondervind.
Job 36 Vers 7: Hy trek Sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.
Psalm 19 Vers 2: Ook word U kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.
Psalm 58 Vers 11: Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
Vers 12: En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is ‘n God wat op die aarde oordeel.
Psalm 62 Vers 13: En aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.
Psalm 84 Vers 12: Want die Here God is ‘n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
Spr 11 Vers 31: As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!
Jes 40 Vers 10: Kyk, die Here Here sal kom as ‘n sterke, en Sy arm sal heers, kyk, Sy loon is by Hom, en Sy beloning is voor Sy aangesig.
Jes 52 Vers 13: Kyk, My kneg sal voorspoedig wees, hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word.
Jes 57 Vers 12: Ek sal jou geregtigheid bekend maak, en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie. (Die sondaars.)
Matt 3 Vers 8: Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
Vers 9: En moenie dink om by julleself te sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God kinders uit hierdie klippe kan maak.
Vers 10: Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Matt 5 Vers 12: Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele;
Vers 48: Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.
Matt 6 Vers 1: Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
Matt 6 Vers 16: En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hulle gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
Matt 5 Vers 20: Want ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die Skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Joë12 Vers 32: En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees.
Matt 7 Vers 21: Nie elkeen wat vir My sê: Here Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is.
Matt 10 Vers 41: Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.
Matt 16 Vers 27: Want die Seun van die mens staan gereed om met Sy engele in die heerlikheid van Sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.
Matt 19 Vers 29: En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.
Matt 25 Vers 20: En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou. Hier het ek vyf ander talente daarby verdien.
Vers 21: En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel.
Vers 24: En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie.
Vers 25: Omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
Vers 28: Daarop sê sy heer: Neem die talent van hom weg, en gee dit aan die een wat die tien talente het.
Vers 29: Want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
Vers 30: En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van tande.
Luk 6 Vers 23: Wees bly in daardie dag, en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want julle vaders het net so aan die profete gedoen.
Luk 12 Vers 33: Verkoop julle besittings, en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
Vers 34: Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Luk 14 Vers 12: Wanneer jy ‘n môre of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. (Dan het jy geen loon in die hemel daarvoor nie.)
Vers 13: Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
Vers 14: En jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
Luk 18 Vers 22: Nog een ding ontbreek jou: Verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
Rom 2 Vers 12: Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word.
Vers 13: Omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.
Rom 3 Vers 8: En moet ons nie liewer sê nie, soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? hulle veroordeling is regverdig!
Vers 20: Uit die werke van die wet sal geen vlees voor Hom geregverdig word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.
Vers 22: Die geregtigheid van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie.
Vers 28: Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.
Vers 29: Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? ja, ook aan die heidene.
Vers 30: Aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.
Rom 4 Vers 4: Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste.
Vers 5: Aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.
1 Kor 3 Vers 8: Maar hy wat plant, en hy wat natmaak, is een; maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
Vers 13: Elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
Vers 14: As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
Vers 15: As iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
1 Kor 15 Vers 58: Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
11 Kor 5 Vers 10: Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Efe 6 Vers 8: Omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of vryman.
11 Tim 4 Vers 14: Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!
Heb 11 Vers 6: En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan moet glo dat Hy is, en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
1 Pet 1 Vers 4: Sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons.
Jak 2 Vers 14: Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? die geloof kan hom tog nie red nie?
Jak 1 Vers 22: En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
Vers 25: Want hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Jak 2 Vers 15: As daar nou ‘n broeder of suster naak is, en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
Vers 16: En een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie - wat baat dit?
Vers 24: Sien julle nou dat die mens geregverdig word uit die werke, en nie alleen uit die geloof nie?
Vers 26: Want soos die liggaam sonder Gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
Han 26 Vers 20: En Paulus sê: Maar ek het eers aan al die mense, insluitende die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom, en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.
Rom 2 Vers 7: Aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek - die ewige lewe;
Psalm 17 Vers 12: As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! - sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? en Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
Psalm 19 Vers 10: Die vrees van die Here is rein: Dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid - tesame is hulle regverdig.
Vers 11: Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
Heb 3 Vers 17: En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?
Vers 18: En aan wie het Hy gesweer dat hulle in Sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: