Saterdag 20 Maart 2010

Wat van verskillende kerke?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Mark 9 Vers 38: Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in U Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
Vers 39: Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ‘n krag in My Naam sal doen en gou van My sal kan kwaad spreek nie.
Vers 40: Want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
Vers 41: Want elkeen wat vir julle in My Naam ‘n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle: Hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie. (Almal dus wat glo dat Jesus vir hulle gesterf het, maak nie saak van watter kerk of kleur nie, is aanvaarbaar.)
Rom 12 Vers 4: Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,
Vers 5: So is ons almal saam een liggaam in Christus, en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
Vers 6: En ons besit genadegawes wat verskil.
Vers 7: Is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: