Sondag 21 Maart 2010

Raad aan jongmense



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Lev 15 Vers 16: En as daar van ‘n man ‘n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
Vers 17: Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word, en dit bly tot die aand toe onrein.
Hoogl 2 Vers 7: Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie. (Moenie jou seksdrange wakker maak voordat jy getroud is nie, want daarna sal jy dit soos 'n dwelmmiddel elke dag nodig hê, en jy gaan beswaarlik vir enigeen nee sê, reguit op pad na die Hel.)
1 Pet 5 Vers 5: Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees, en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar die nederiges gee Hy genade.
Vers 6: Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
Vers 7: Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
Pred 11 Vers 9: Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.
Vers 10: En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.
Pred 12 Vers 1: En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie
Han 14 Vers 17: Al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee, en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.
Pred 9 Vers 9: Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son - al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.
Spr 20 Vers 13: Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.
Spr 6 Vers 6: Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!
Vers 7: Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,
Vers 8: Maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.
Spr 1 Vers 8: My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.
Spr 2 Vers 1: My seun, as jy My woorde aanneem, en My gebooie by jou bewaar,
Vers 2: Sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
Vers 3: Ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
Vers 4: As jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
Vers 5: Dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind.
Vers 6: Want die Here gee wysheid. Uit Sy mond kom kennis en verstand.
Vers 7: En Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ‘n skild vir die wat regskape wandel.
Vers 8: Deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van Sy gunsgenote bewaar.
Vers 9: Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid - elke goeie pad.
Vers 10: Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees.
Vers 11: Verstand sal jou bewaak.
Vers 12: Om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek.
Vers 14: Die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte.
Spr 3 Vers 13: Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry.
Vers 14: Want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as goud;
Vers 15: Dit is kosteliker as korale, en al jou kleinnode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Vers 16: In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
Vers 17: Sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
Vers 18: Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
Spr 3 Vers 35: Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
Spr 4 Vers 5: Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van My mond nie;
Vers 6: Verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
Vers 7: Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
Spr 8 Vers 5: Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.
Vers 6: Hoor, want Ek sal voortreflike dinge spreek, en My lippe gaan oop vir wat reg is.
Vers 7: Want My verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir My lippe ‘n gruwel.
Vers 8: Al die woorde van My mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie.
Vers 9: Hulle is almal duidelik vir die verstandige, en reg vir die wat kennis gevind het.
Vers 10: Neem My tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.
Vers 12: Ek, wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.
Spr 4 Vers 13: Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat Ek.
Vers 14: Raad en beleid is myne, Ek is die insig, sterkte is myne.
Spr 3 Vers 19: My vrug is beter as fyn goud, en My opbrings beter as uitgesoekte silwer.
Vers 20: Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg.
Vers 21: Om die wat My liefhet, ‘n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak Ek vol.
Spr 15 Vers 20: ‘n Wyse seun verbly sy vader, maar ‘n dwase mens verag sy moeder.
Spr 19 Vers 26: Hy wat sy vader geweld aandoen, en sy moeder wegjaag, is ‘n seun wat skande maak en skandelik handel.
Spr 20 Vers 20: Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.
Spr 23 Vers 22: Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.
Vers 24: Die vader van ‘n regverdige juig baie; en as iemand ‘n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.
Vers 25: Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.
Spr 28 Vers 24: Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! - hy is ‘n bondgenoot van ‘n man wat verderflik handel.
Spr 29 Vers 3: ‘n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
Efe 6 Vers 1: Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.
Vers 2: Eer jou vader en jou moeder - dit is die eerste gebod met ‘n belofte –
Vers 3: Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
Kol 3 Vers 20; Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.
1 Tim 4 Vers 12: Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.
11 Tim 2 Vers 22: Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag na geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
Vers 23: En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;
Vers 24: En ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
Vers 25: Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
Vers 26: En hulle weer ontnugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
11 Tim 3 Vers 15: En dat jy van kleins af die Heilige skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
Vers 16: Die hele skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.
Vers 17: Sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: