Saterdag 20 Maart 2010

Sterrewiggelary, en voorspellings deur sterre



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 47 vers 12: Tree tog op met jou besweringe en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou vermoei het van jou jeug af, miskien kan jy iets uitrig, miskien kan jy skrik aanjaag!
Vers 13: Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; Laat hulle tog optree en jou red. Die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom.
Vers 14: Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie.
Gal 4 vers 9: Maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil doen?
Vers 10: Julle neem dae en maande en tye en jare waar.
Vers 11: Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.
Lev 19 vers 26: Jy mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlary omgaan nie.
11 Kon 23 vers 5: En koning Josia het die afgodspriesters uitgeroei. Ook die wat vir die son en die maan en die sterrebeelde offerrook laat opgaan het. En hy het die huise van die skandseuns afgebreek wat in die huis van die Here was, waar die vroue tente geweef het vir asjera.
Vers 11: En hy het die perde uitgeroei wat die koning van Juda gegee het tot verering van die son, en die waens van die son het hy met vuur verbrand.
Vers 20: En al die priesters van die hoogtes, wat daar was, het hy op die altare geslag.
Vers 24: Ook het Josia die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels uitgeroei
11 Kron 34 vers 4: En hulle het die altare van die Baals omgegooi, en die sonpilare wat daar bo-op was, stukkend gekap. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: