Sondag 21 Maart 2010

Hemelse voertuie



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kon 2 Vers 11: En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elia het in die storm na die hemel opgevaar.
Vers 12: En Elisa het dit gesien en geroep: My Vader, my Vader, wa van Israel en sy ruiters! en toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere geskeur.
Psalm 68 Vers 5: Sing tot eer van God, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry. Here is Sy Naam; en jubel voor Sy Aangesig
Vers 18: Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende.
Vers 34: Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef Sy stem, ‘n magtige stem.
Jes 19 Vers 1: Kyk, die Here ry op ‘n vinnige wolk en kom na Egipte toe;
Jes 66 Vers 15: Want kyk, die Here sal kom in vuur, en Sy waens soos ‘n stormwind, om in hittigheid Sy toorn te openbaar en in vuurvlamme Sy dreiging.
Eseg 1 Vers 1: Toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was,
Vers 4: En daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter. (Silwer. 'n Vlieënde voorwerp.)
Vers 5: En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom.
Vers 15: Ek het toe die wesens nader bekyk, daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.
Vers 16: Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos die van ‘n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maaksel asof daar ‘n wiel binne-in ‘n wiel was.
Vers 19: En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef.
Vers 20: Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele. (Die motore?)
Vers 21: As die gaan, (Die wiele) gaan hulle, en as die bly staan, staan hulle; en as die hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef.
Vers 24: En as hulle gaan, het ek die geruis van hulle vlerke gehoor soos die geruis van baie waters, soos die stem van die Almagtige - ‘n gedruis soos die gedreun van ‘n leër.
Eseg 2 Vers 12: Toe het die Gees my opgeneem,
Vers 13: En ek het gehoor die geluid van die wesens se vlerke wat die een aan die ander verbind was, en die geluid van die wiele gelyktydig daarmee, en die geluid van ‘n groot gedreun.
Vers 14: Toe het die Gees my opgehef en weggeneem, en ek het gegaan, verbitterd in die grimmigheid van my gees; maar die hand van die Here was sterk op my.
Vers 15: En ek het by die ballinge gekom in Tel-abib, en ek het daar sewe dae verstom in hulle midde gesit. (Heeltemal verskrik oor hierdie vlieënde voorwerpe en wesens uit die buitenste ruim.)
Eseg 3 Vers 22: Gaan uit na die laagte en Ek sal daar met jou spreek.
Vers 23: En die heerlikheid van die Here het daar gestaan soos die heerlikheid wat ek by die Kebarrivier gesien het. (Weer met ‘n vlieende voorwerp.)
Eseg 8 Vers 3: En die Gees het my opgehef en na Jerusalem gebring.
Vers 4: En die heerlikheid van die God van Israel was daar, ooreenkomstig die verskyning wat ek in die laagte gesien het. (Weer met 'n vlieënde voorwerp.)
Eseg 10 Vers 2: En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gerub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole. (Sommige engele is dus soos robots.)
Vers 6: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gerubs uit, en hy het ingegaan en langs die wiel gaan staan.
Vers 9: En daar was vier wiele langs die gerubs, telkens een wiel langs elke gerub, en die voorkoms van die wiele was soos die van chrisoliet.
Vers 10: Al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar ‘n wiel binne-in ‘n wiel was.
Vers 11: As hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie. (Dus dieselfde of soortgelyk as ‘n Helikopter sou hy in al vier rigtings kon vlieg sonder om te draai.)
Vers 13: Aangaande die wiele: Hulle is voor my ore die ratwerk genoem.
Vers 14: En elkeen het vier aangesigte gehad: ‘n Gerub, ‘n mens, ‘n leeu en ‘n arend. (Hy verskil met die gesig van die vorige een, wat ‘n beesgesig gehad het.)
Vers 15: En die gerubs het opgestyg.
Vers 19: En die gerubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam.
Eseg 11 Vers 22: Toe het die gerubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.
Vers 23: En die heerlikheid van die Here het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.
Vers 24: Daarna het die Gees my opgeneem, gebring na Chaldea, na die ballinge; (Elke keer met ‘n vlieënde voorwerp.)
Vers 25: En ek het aan die ballinge verkondig al die woorde van die Here wat Hy my laat sien het.
1 Kon 19 Vers 11: En God sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die Here. En kyk, die Here het verbygegaan, terwyl ‘n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Here uit. In die wind was die Here nie. En na die wind ‘n aardbewing; (toe Hy neerstryk?) in die aardbewing was die Here nie.
Vers 12: En na die aardbewing ‘n vuur; (Die motors?) in die vuur was die Here nie. En na die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte. En daar kom ‘n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elia?
Psalm 104 Vers 2: Wat Uself omhul met die lig soos met ‘n kleed,
Vers 3: Wat Sy solders bou in die waters, wat van die wolke Sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel.
Mark 9 Vers 7: En daar kom ‘n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom ‘n stem wat sê: Dit is My geliefde Seun. Luister na Hom!
Luk 9 Vers 34: Maar toe Hy dit sê, kom daar ‘n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.
Hand 1 Vers 9: En ‘n wolk het Jesus voor hulle oë weggeneem.
1 Thess 4 Vers 17: Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. (Die wegraping.)
Hand 8 Vers 39: En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie.
Matt 24 Vers 30: En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, ( ‘n kruis) en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. ( Weer met vlieende voorwerpe. Die wederkoms.)
Dan 7 Vers 9: Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; Sy kleed was wit soos sneeu en die hare van Sy Hoof soos skoon wol; Sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur; (Dieselfde Oue van dae wat aan Jesus die Koningskap op aarde gegee het.)
Eseg 43 Vers 1: Toe het hy my gelei na die poort, die poort wat na die ooste kyk. (Dit is wanneer Jesus in Sy nuwe Tempel gaan intrek)
Eseg 43 Vers 2: En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, en die aarde het geglans van Sy heerlikheid.
Vers 3: En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by die Kebar rivier. (Met die wederkoms gaan Jesus weereens dieselfde vlieënde voorwerp gebruik.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: