Vrydag 19 Maart 2010

Om terug te keer na die Here nadat jy gesondig het

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Luk 15 vers 13: En ‘n man se jongste seun het sy erfporsie en al sy besittings gevra van sy vader, en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
Vers 15: En daar was ‘n hongersnood in daardie land, en sy werkgewer het hom laat varke oppas.
Vers 16: En hy was so honger dat hy verlang het om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, maar niemand het dit aan hom gegee nie.
Vers 17: En hy het gedink: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood.
Vers 18: Ek sal opstaan, en na my vader gaan, en vir hom sê: Ek het gesondig teen die hemel en voor u,
Vers 19: En ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.
Vers 20: En hy het opgestaan, en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. (Die Vader en Jesus het u lief soos eie kinders! U kan enige tyd terugkom! U bly welkom!)
Vers 21: En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.
Vers 22: Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed, en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.
Vers 23: En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.
Vers 24: Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore, en is gevind.
Vers 29: Maar die oudste seun sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare, en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.
Vers 30: Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
Vers 31: Toe sê sy vader vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joune.
Luk 15 vers 32: Ons moet tog bly en vrolik wees, want hierdie broer van jou was dood, en het weer lewendig geword, en hy was verlore, en is gevind. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: