Saterdag 20 Maart 2010

Hoe om lank te lewe



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 5 Vers 16: Eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die Here jou God aan jou gee.
Deut 6 Vers 2: Dat jy die Here jou God kan vrees om al Sy insettinge en Sy gebooie wat Ek jou beveel, te hou - jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.
Vers 5: Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
Job 4 Vers 6: Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
Vers 7: Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
Vers 8: Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, hulle maai dit.
Vers 9: Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van Sy toorn word hulle vernietig.
Job 5 Vers 17: Kyk, gelukkig is die man wat (vir wie) God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
Vers 18: Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar Sy hande maak gesond.
Job 8 Opskrif: Die ervaring van die voorgeslagte is dat hy wat God verlaat, skielik omkom.
Vers 13: So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose.
Vers 14: Sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is ‘n spinnerak.
Vers 15: Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
Job 8 Vers 20: Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
Vers 21: Terwyl Hy jou mond met gelag vervul, en jou lippe met gejuig,
Vers 22: Sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose - weg is dit!
Psalm 16 Vers 10: Want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat U gunsgenoot verderwing sien nie.
Psalm 55 Vers 24: Maar u, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hul dae nie tot op die helfte bring nie; maar ek vertrou op U.
Spr 3 Vers 1: My seun, vergeet My onderwysing nie, en laat jou hart My gebooie bewaar.
Vers 2: Want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Spr 24 Vers 13: Eet heuning, My seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
Joh 9 Vers 2: En Sy dissipels vra Hom: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?
Joh 15 Vers 1: Ek is die ware wynstok; en My Vader is die landbouer.
Vers 2: Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg. En elke loot wat vrug dra maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
1 Kor 11 Vers 29: Want wie op onwaardige wyse eet en drink, (by die nagmaalgebruik) eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
Vers 30: Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.
1 Pet 3 Vers 10: Want wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
Rom 11 Vers 22: Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: Gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
Deut 30 Vers 10: As jy na die stem van die Here jou God luister om Sy gebooie en Sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die Here jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.
Vers 11: Want hierdie gebod wat Ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie, en is nie ver nie.
Vers 12: Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Vers 13: Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal, en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Vers 14: Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
Vers 15: Kyk, Ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.
Vers 19: Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het Ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.
Vers 20: Deur die Here jou God lief te hê, na Sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae. Sodat jy kan lewe in die land wat die Here jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
Deut 32 Vers 39: Aanskou nou dat dit Ek is, en dat daar geen God naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit My hand red nie.
1 Sam 2 Vers 6: Die Here maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder ook verhoog Hy.
Vers 9: Die voete van Sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ‘n mens oorwin nie deur krag nie.
Job 38 Vers 15: En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.
Psalm 11 Vers 5: Die Here toets die regverdige; maar Sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Spr 3 Vers 11: My seun, verag die tug van die Here nie, en laat Sy kastyding nie jou weersin wek nie,
Vers 12: Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie Hy behae het.
Spr 4 Vers 13: Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
Spr 8 Vers 33: Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.
Spr 10 Vers 17; ‘n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem, maar hy wat die teregwysing verontagsaam, raak verdwaald.
Spr 11 Vers 31: As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!
Spr 15 Vers 10: ‘n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
Vers 32: Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
Jer 2 Vers 19: Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat My vrees nie by jou is nie, spreek die Here.
Job 32 Vers 21: Ek wil nie partydig wees nie; en ‘n mens vlei, sal ek nie.
Vers 22: Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!
Psalm 5 Vers 13: Want U seën die regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met ‘n skild.
Spr 2 Vers 1: My seun, as jy My woorde aanneem en My gebooie by jou bewaar,
Vers 20: Sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
Vers 2 1: Want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly.
Vers 22: Maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.
Spr 3 Vers 33: Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
Spr 4 Vers 14: Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
Vers 15: Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
Spr 3 Vers 13: Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry.
Vers 14: Want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as goud;
Vers 15: Dit is kosteliker as korale, en al jou kleinnode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Vers 16: In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
Vers 17: Sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
Vers 18: Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
Spr 9 Vers 10: Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
Vers 11: Want deur My word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
Spr 12 Vers 28: Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van die pad is onsterflikheid.
Eseg 18 Vers 27: En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen - hy sal sy siel in die lewe behou.
Spr 28 Vers 16: ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersings, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
11 Kon 20 Vers 1: In die dae het koning Hiskia dodelik siek geword. En Jesaja het by hom gekom en gesê: So spreek die Here: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
Vers 2: Toe draai hy sy gesig na die muur, en bid tot God.
Vers 5: Toe sê die Here vir Jesaja Sê vir Hiskia: So spreek die Here, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opstaan. En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg, en ook hierdie stad beskut.
Spr 1 Vers 10: My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie.
Vers 18: So loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulself voor.
Vers 19: So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak; dit ontneem sy besitter die lewe. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: