Saterdag 20 Maart 2010

Mag jy net een vrou hê?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kron 11 Vers 23: En koning Rehabiam van Israel het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en ‘n menigte vroue vir hulle gevra.
1 Kon 11 Vers 3: En Salomo het sewehonderd vroue, en driehonderd byvroue gehad. (Abraham, Isak en Jakob, ons voorvaders, het almal meer as een vrou gehad.)
11 Kron 13 Vers 21: Maar Abia het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee-en-twintig seuns en sestien dogters geword.
1 Korint 7 Vers 1 tot 17: Dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie, maar vanweë die hoerery moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
Efesiërs 5 Vers 22: Vroue, wees aan jul eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou. Maar soos die gemeente onderdanig is aan Christus, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
Vers 28: So behoort die mans hul eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief.
Vers 31: Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word.
Vers 33: In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê, net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
Gen 2 Vers 24: Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
Pred 9 Vers 9: Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son - al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.
Jes 4 Vers 1: En in die dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg. (Na die koms van Jesus. Die mans is dood in die oorlog.)
Mal 2 Vers 14: Die Here neem julle offer nie meer met welgevalle aan nie, en julle vra: Waarom? omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy gees oorgehad het? en waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle Gees, en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
Vers 16: Want Ek haat egskeiding, sê die Here. Neem jou dan in ag ter wille van jou Gees, en wees nie ontrou nie.
Deut 25 Vers 5: As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy 'n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daar buite 'n vreemde man sin word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;
Vers 5: en die eersgeborene wat sy baar moet staan op naam van sy oorlede broer dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: