Saterdag 20 Maart 2010

Mag jy as getroude rondloop?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Job 31 vers 9: As my hart verlok was oor ‘n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste -
Vers 10: Laat dan my vrou vir iemand anders maal, en ander hulle oor haar buig. (Let op Job praat van hom as getroude man.)
Spr 2 vers 1: My seun, as jy My woorde aanneem en My gebooie by jou bewaar,
Vers 16: Om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei,
Vers.17: Wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet,
Vers 18: Want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
Vers 19: Almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie.
Spr 5 vers 3: Want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie.
Vers 4: Maar op die end is sy bitter soos wildeals, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.
Vers 5: Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.
Vers 6: Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.
Vers 8: Hou jou weg van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie.
Vers 9: Sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;
Vers 10: Sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ‘n uitlander kom nie.
Vers 11: En jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is.
Vers 15: Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put. (Jou vrou)
Vers 16: Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?
Vers 17: Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie. (So, die sogenaamde hoedepartytjies is ook uit!)
Vers 18: Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug.
Vers 19: Die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; Laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde altyd bedwelmd wees.
Vers 20: Maar waarom sou jy, my seun, by ‘n vreemde bedwelmd raak en die boesem van ‘n ontugtige omhels?
Vers 21: Want elke mens se weë is voor die oë van die Here, en Hy weeg al sy gange.
Vers 22: Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.
Vers 23: Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.
Spr 6 vers 24: Om jou te bewaar vir ‘n slegte vrou, vir die gevlei van ‘n vreemde tong.
Vers 25: Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie.
Vers 26: Want vir ‘n hoer verval ‘n mens tot ‘n stuk brood, en ‘n ander se vrou maak jag op ‘n kosbare lewe.
Vers 27: Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?
Vers 29: So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; Elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.
Vers 32: Hy wat met ‘n vrou owerspel pleeg, is sonder verstand; Hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so-iets.
Vers 33: Slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;
Vers 34: Want jaloersheid is ‘n toorngloed in ‘n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie.
Vers 35: Hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.
Spr 7 vers 4: Sê aan die wysheid: Jy is my suster! En noem die verstand jou vertroueling,
Vers 5: Sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.
Vers 6: Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,
Vers 7: En ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense ‘n verstandlose jongman opgemerk,
Vers 8: Wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,
Vers 9: In die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.
Vers 10: En kyk, daar kom ‘n vrou hom tegemoet, soos ‘n hoer aangetrek en listig van hart –
Vers 11: Sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie –
Vers 12: Nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.
Vers 13: En sy het hom gegryp en hom gesoen, met ‘n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
Vers 14: Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;
Vers 15: Daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.
Vers 16: Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;
Vers 17: En ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel
Vers 18: Kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.
Vers 19: Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,
Vers 20: Die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.
Spr 7 vers 2 1: Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
Vers 22: Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot.
Vers 23: Totdat die pyl sy lewer splits; Soos ‘n voël haastig na die vangnet vlieg - Sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
Vers 25: Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
Vers 26: Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
Vers 27: Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
Spr 9 vers 13: Vrou dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig.
Vers 14: En sy sit by die deur van haar huis, op ‘n stoel op die hoogtes van die stad.
Vers 15: Om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
Vers 16: Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandlose, aan hom sê sy:
Vers 17: Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
Vers 18: Maar hy weet nie dat daar skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.
Spr 11 vers 22: ‘n Goue ring in ‘n vark se snuit, so is ‘n vrou wat mooi is maar sonder beleid.
Spr 12 vers 4: ‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos ‘n verrotting in sy gebeente.
Spr 18 vers 22: Wie ‘n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ‘n welgevalle van die Here verkry.
Spr 22 vers 14: Die mond van die vreemde vroue is ‘n diep kuil; hy op wie die Here vertoorn is, sal daarin val.
Spr 23 vers 27: Want ‘n hoer is ‘n diep kuil, en ‘n ontugtige vrou is ‘n nou put.
Vers 28: Sy lê ook en loer soos ‘n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.
Spr 30 vers 20: So is die weg van ‘n vrou wat owerspel bedryf; Sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.
Spr 31 vers 3: Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.
Deut 22 vers 22: As ‘n man betrap word terwyl hy met ‘n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe.
Vers 23: As ‘n dogter, ‘n jongmeisie, aan ‘n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,
Vers 24: Dan moet julle hulle twee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; Die dogter omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het.
Vers 25: Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man alleen sterwe;
Vers 26: Maar aan die dogter moet jy niks doen nie: Daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie. Want soos wanneer ‘n man teen sy naaste opstaan, en hom doodslaan, so is hierdie geval.
Vers 27: Want hy het haar in die veld gekry; Die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.
Vers 28: As ‘n man ‘n dogter, ‘n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het,
Deut 22 vers 29: Dan moet die man wat met die meisie gemeenskap gehad het, die vader van die meisie vyftig sikkels silwer gee; En sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; Hy mag haar nie verstoot so lank as hy lewe nie.
Vers 30: ‘n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie. (Sy ma kaal sien nie)
Pred 7 vers 26: En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: Die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; Hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.
Jes 13 vers 16: Hul huise geplunder en hul vroue onteer. ( ‘n Meisie of vrou hoef dus nie ‘n maagd te wees om onteer te word nie. Die straf is dieselfde.)
Jer 3 vers 1: Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man sin, kan hy nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? (Jy mag haar nie terugneem nie.)
Matt 5 vers 28: Maar Ek sê vir jou dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
Rom 13 vers 14: Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie! (Jy mag dus nie iemand se woonstel betaal, of vir hom of haar ‘n motor koop, of enigiets, vir seks nie.)
1 Kor 6 vers 13; Die voedsel is vir die maag, en die maag vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; En die Here vir die liggaam.
Vers 16: Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
Vers 18: Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam, maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam.
Vers 19: Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
Vers 20: Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle Gees wat aan God behoort.
Efe 5 vers 25: Manne, julle moet jul eie vroue liefhë, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.
Vers 28: So behoort die mans hul eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief.
Vers 29: Want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
Vers 31: Daarom moet die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word.
Vers 33; In alle gevalle moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
1 Thes 4 vers 3: Want dit is die wil van God: Julle Heiligmaking; dat julle jul moet onthou van hoerery.
Vers 4: Dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in Heiligheid en eer.
Vers 5: Nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie.;
Vers 7: Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot Heiligmaking.
Vers 8: Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook Sy Heilige Gees aan ons gegee het.
Mal 2 vers 14: Die Here neem julle offer nie meer met welgevalle aan nie, en julle vra: Waarom? Omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? Hoewel Hy Gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle Gees, en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
Mal 2 vers 16: Want Ek haat egskeiding, sê die Here. Neem jou dan in ag ter wille van jou Gees, en wees nie ontrou nie.
Gal 5 vers 24: Maar die wat aan Christus behoort het die vlees met sy begeerlikhede en hartstogte gekruisig.
Vers 25: As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
Efe 5 vers 3: Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet ander julle selfs nie genoem word nie, soos dit die Heiliges betaam.
Vers 5: Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die Koninkryk van Christus en van God nie.
Heb 13 vers 4: Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; Want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
1 Pet vers 14: Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetenheid bestaan het nie.
Vers 15: Maar soos Hy wat julle geroep het, Heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel Heilig word,
Vers 16: Omdat daar geskrywe is: Wees Heilig, want Ek is Heilig. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: