Saterdag 20 Maart 2010

Hoe weet jy wanneer iemand ‘n Christen is?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Joh 1 Vers 8: As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself, en die waarheid is nie in ons nie.
1 Joh 2 Vers 3: En hieraan weet ons dat ons Hom ken: As ons Sy gebooie bewaar.
Vers 4: Hy wat sê: Ek ken Hom - en Sy gebooie nie bewaar nie - is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
Vers 5: Maar elkeen wat Sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
Vers 6: Hy wat sê dat Hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.
1 Joh 2 Vers 9: Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.
Vers 15: Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
Vers 16: Want alles wat in die wêreld is - die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Vers 17: En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
Vers 18: Dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
Vers 22: Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? dit is die antichris wat die Vader en die Seun loën.
Vers 23: Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
Vers 29: As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.
1 Joh 3 Vers 6: Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, ken Hom nie.
Vers 7: Laat niemand julle mislei nie; wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.
Vers 8: Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af.
Vers 9: Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat Sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.
Vers 10: Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: Elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.
1 Joh 3 Vers 17: Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?
Vers 18: Laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
Vers 19: En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel.
Vers 2 1: As ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God;
Vers 24: En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: Aan die Gees wat Hy ons gegee het. (Indien u 'n gewete het wat aan u openbaar wat reg en verkeerd is, en u kan nie die verkeerde ding doen nie, het u die Gees van God. Hulle wat steel, roof, moor en by ander se vroue slaap, het nie die Gees in hulle nie, want die Heilige Gees sal jou so aankla in jou hart, dat jy dit nie sal kan hanteer nie. Daar is swartes wat jou sal doodmaak vir R10.00 sonder om twee keer te dink.)
1 Joh 4 Vers 2: Hieraan ken julle die Gees van god: Elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God.
Vers 3: En elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
Vers 6: Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons, die gees van die waarheid en die gees van dwaling.
11 Joh 1 Vers 7: Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: Die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die antichris.
Vers 10: As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.
Vers 11: Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke. (Daar is mense in ons parlement wat Hom nie bely nie.)
1 Joh 5 Vers 11: Dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is Sy Seun.
Vers 12: Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Vers 18: Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie. Maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die bose het geen vat op hom nie.
Vers 19: Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die bose lê.
111 Joh 1 Vers 11: Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: