Vrydag 19 Maart 2010

Hoe word ons geoordeel?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Sam 22 Vers 21: Die Here het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde.
Vers 22: Want ek het die weë van die Here gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.
Vers 25: So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor Sy oë.
Vers 26: By die liefderyke betoon U uself liefderyk, by die opregte man opreg.
Vers 27: By die reine rein, maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
Jes 26 Vers 9; Want as U oordele op die aarde is, leer die inwoners van die aarde geregtigheid.
Jes 2 Vers 4: En Hy (Jesus) sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
Eseg 7 Vers 3: En Ek sal My toorn oor jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.
Vers 8: Nou sal Ek binnekort My grimmigheid oor jou uitgiet en My toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.
Eseg 18 Vers 30: Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
Eseg 33 Vers 20: Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë.
Mark 12 Vers 40; Hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal ‘n swaarder oordeel ontvang.
Joh 12 Vers 48: Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: Die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Rom 2 Vers 16: In die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel.
Jak 2 Vers 13: Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie.
Rom 14 Vers 10; Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? of jy ook, waarom verag jy jou broeder? want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.
Vers 12: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
Vers 13; laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dit liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.
Job 34 Vers 11: Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens ‘n man se wandel laat Hy hom ondervind.
Jak 2 Vers 14: Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? die geloof kan hom tog nie red nie? (Sê jy het die geloof, maar jy laat iemand wat jy ken honger ly terwyl jy het om te gee.)
Matt 7 Vers 1: Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
Vers 2: Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word. En met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: