Sondag 21 Maart 2010

Mag jy ‘n kersfeesboom opsit?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jer 10 Vers 2: Maak julle nie gewoond aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
Vers 3: Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die werk van ‘n ambagsman met die byl.
Vers 4: Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
Vers 5: Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle; (die bome) hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie. (Nog ‘n sonde wat ons daar byvoeg is dat ons vir ons kinders sê die dag van die geboorte van Jesus is kersfees, in plaas van net: Dis die geboortedag van Jesus. Op hierdie kersfees sê ons aan ons kinders, kom kersfees vader. Hy kom deur die skoorsteen, en bring geskenke. Hy ry met ‘n slee deur die lug wat getrek word deur takbokke. Hoe belaglik. Ons leer dus ons kinders om aan towenary te glo. Vra enige kind watter dag is dit die, en hy sal jou sê kersfees vader kom. En nie dis die geboorte van Jesus nie. Die kersfees vader is ook in rooi geklee, bloedrooi net soos die duiwel voorgestel word. Sy naam in engels is SANTA, dieselfde letters as SATAN. Ons kinders weet nie waaroor hulle moet bly wees op hierdie dag nie. Baie kinders bid vir kers vader om vir hulle ‘n fiets of wat ookal te bring. Hulle kan net sowel geleer word om satan te aanbid, want niemand wat ‘n ander god aanbid sal die Koninkryk beêrwe nie. Noem julle kersfees eerder Christus Fees)
(Nog ‘n sonde van kersfees vader:)
Matt 23 Vers 9: En julle moet niemand op die aarde vader noem nie, want Een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: