Saterdag 20 Maart 2010

Boerdery



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 3 Vers 17: En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie - vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
Vers 18: Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.
Vers 19: In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
Lev 22 Vers 24: ‘n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die Here nie bring nie. In julle land mag julle dit nie doen nie.
Jer 17 Vers 5: So sê die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk.
Vers 6: En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land.
Vers 7: Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is.
Vers 8: Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.
Vers 11: ‘n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy ‘n dwaas wees. (Altzheimer?)
Exo 16 Vers 23: Toe sê hy vir hulle: Môre is dit rusdag, ‘n heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe. (Mag nie kos maak op die Sabbat nie.)
Exo 23 Vers 10: En ses jaar lank moet jy jou land besaai en die opbrings daarvan insamel;
Vers 11: Maar die sewende moet jy dit ongebruik en braak laat lê, dat die arm mense van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome.
Vers 12: Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.
Exo 34 Vers 21: Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
Lev 19 Vers 19: Julle moet My insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En ‘n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
Lev 25 Vers 3: Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel.
Vers 4: Maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ‘n sabbat vir die Here; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.
Vers 5: Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ‘n jaar van rus vir die land wees.
Deut 5 Vers 14: Maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
Matt 11 Vers 28: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
Lev 7 vers 23: Geen vet van ‘n bees of ‘n skaap of bok mag julle eet nie.
Vers 24: Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.
Jes 25 Vers 6: En die Here van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.(Jy mag net nie die vet eet op die lewer en binnegoed en niere wat vir 'n offerhande verbrand word as 'n reukoffer nie. Vet aan tjops en steaks mag jy eet.)
Spr 19 Vers 15: Luiheid laat in ‘n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.
Spr 20 Vers 13: Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.
Pred 5 Vers 17: Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink, en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee, want dit is sy deel.
Spr 31 Vers 6: Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.
Vers 7: Laat hy drink, en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.
Vers 10: Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
Vers 13: Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.
Vers 15: En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.
Vers 16: Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit; van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd.
Vers 31: Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.
Spr 14 Vers 23: In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
Spr 10 Vers 4: Hy word arm wat met ‘n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
Spr 22 Vers 26: Wees nie onder die wat ‘n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.
Vers 27: As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uitneem?
Pred 2 Vers 22: Want wat het die mens vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son?
Vers 23: Want al sy dae is smarte, en sy bemoeienis is verdriet; selfs snags rus sy hart nie. Dit is dan ook tevergeefs.
Lev 25 Vers 44: Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort - van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ‘n slaaf of slavin koop.
Vers 46: En julle mag die aan julle kinders na julle nalaat as ‘n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. (God het geweet Jesus gaan aarde toe kom, om ons sondes op Hom te neem. Indien God wou hê dat die slawe net moes dien totdat Jesus kom, sou Hy so gesê het, maar Hy het gesê: Vir ewig!)
Psa 1 Vers 1: Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
Vers 2: Maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag.
Vers 3: En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen voer hy voorspoedig uit.
Exo 23 Vers 25: En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
1 Sam 2 Vers 7: Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.
Spr 3 Vers 9: Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste.
Vers 10: Dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
Job 2 Vers 10: Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie?
Psa 34 Vers 20: Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit die almal red die Here hom.
Psa 33 Vers 18: Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees,
Vers 19: Om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Job 5 Vers 17: Kyk, gelukkig is die man vir wie God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
Spr 3 Vers 12: Want die Here tugtig hom vir wie Hy liefhet, ja soos die vader die seun in wie hy ‘n behae het.
Psa 34 Vers 10: Vrees die Here, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
Psa 37 Vers 18: Die Here ken die dae van die opregtes,
Vers 19: Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
Psa 55 Vers 23: Werp jou sorge op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
Pred 2 Vers 24: Dit is nie ‘n gawe wat in die mens kleef dat hy eet en drink en sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die hand van God.
Lev 26 Vers 3: As julle in My insettinge wandel en My gebooie hou en dit doen.
Vers 4: Sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
Vers 5: En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet, en veilig in julle land woon.
Deut 11 Vers 13: As julle dan goed luister na My gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die Here julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.
Vers 14: Dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.
Vers 15: En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.
Vers 16: Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,
Vers 17: En die toorn van die Here teen julle ontvlam en Hy die hemel toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die Here julle gee.
Deut 28 Vers 1: As jy dan goed luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al Sy gebooie wat ek jou vandag beveel,
Vers 2: Dan sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.
Vers 4: Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste, en die aanteel van jou kleinvee.
Vers 5: Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
Vers 8: Die Here sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan;
Vers 11: En die Here sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land.
Vers 12: Die Here sal Sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee, en om al die werk van jou hand te seën;
Vers 15: Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al Sy gebooie en insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
Vers 22: Die Here sal jou swaar straf met tering en met koors en ontsteking, en droogte en brandkoring en heuningdou, en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.
Vers 23: En die hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is sal yster wees.
Vers 24: Die Here sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.
Levit 22 Vers 18: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge wat sy offer bring moet dit so bring dat julle welgevalle vind: ‘n Dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, lammers of bokke.
Vers 20: Julle mag nie iets bring waar ‘n liggaamsgebrek aan is nie.
Vers 24: ‘n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die Here nie bring nie. In julle land mag julle dit nie doen nie. Levit 7 Vers 26: Ook mag julle geen bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.
Levit 7 Vers 27: Elkeen wat maar enigsins bloed eet, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Levit 17 Vers 10: Teen die een wat die bloed eet, sal Ek My Aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.
Vers 11: Want die siel van die vlees is in die bloed; en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen. Want die bloed bewerk versoening deur die siel.
Vers 12: Niemand van julle mag bloed eet nie, ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
Vers 13: En elkeen wat ‘n stuk wild of voël vang wat geëet mag word - hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak.
Vers 14: Want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom mag julle die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet moet uitgeroei word.
Levit 3 Vers 17: ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke; geen vet en geen bloed mag julle eet nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: