Sondag 21 Maart 2010

Verhoor God ons altyd? as ons Hom iets vra?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 55 Vers 6: Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
Vers 7: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
Vers 9: Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.
2 Kro 7:14 En as My volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid, en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
Deut 3 Vers 23: En Moses sê: Ook het ek die Here in die tyd gesmeek en gesê:
Vers 25: Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die Libanon!
Vers 26: Maar die Here het toornig op my geword om julle ontwil, en my nie verhoor nie; maar die Here het vir my gesê: Dit is nou genoeg, moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.
11 Kron 30 Vers 27: Toe staan die Levietiese priesters op en seën die volk; en hulle stem is verhoor, en hulle en hulle gebed het gekom tot in Sy Heilige woning, tot in die hemel. (Die gebed kom dus nie altyd tot heel bo nie.)
1 Joh 5 Vers 14: Dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens Sy wil.
11 Kron 33 Vers 4: En koning Manasse het altare gebou in die huis van die Here, en sy seuns deur die vuur laat deurgaan.
Vers 12: Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die Here om genade gesmeek, en hom diep verootmoedig.
Vers 13: En God het hom verhoor en na sy smeking geluister, en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring.
11 Kron 36 Vers 12: En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here sy God, en hom nie verootmoedig voor Jeremia, die profeet, wat gespreek het uit die mond van die Here nie.
Vers 16: Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde varag en met sy profete gespot, totdat daar geen genesing meer was nie!!!
(God sal u dus vergewe tot op ‘n punt, maar as u aanhou, dan soek u moeilikheid.)
Job 8 Vers 5: As jy na God soek, en die Almagtige om genade smeek,
Vers 6: As jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid.
Vers 7: Dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
Job 30 Vers 20: Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.
Vers 21: U is jeens my verander in ‘n onbarmhartige; deur die sterkte van U hand behandel U my as vyand.
Job 35 Vers 13: Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.
Job 37 Vers 24: Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.
Psalm 4 Vers 4: Weet tog dat die Here vir Hom ‘n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep.
Psalm 18 Vers 7: Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit Sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor Sy aangesig het in Sy ore gekom.
Psalm 18 Vers 42: Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie - tot die Here, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
Psalm 22 Vers 3: My god, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
Psalm 27 Vers 7: Hoor, o Here, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.
Psalm 28 Vers 1: Ek roep U aan , o Here! My rots, draai nie stilswyend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.
Psalm 34 Vers 16: Die oë van die Here is op die regverdiges, en Sy ore tot hulle hulpgeroep.
Vers 18: Hulle roep, en die Here hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
Vers 20: Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit die almal, red die Here hom.
Psalm 66 Vers 17: Ek het Hom aangeroep met my mond, die lofgesang was onder my tong.
Vers 18: As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.
Vers 20: Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en Sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie.
Psalm 102 Vers 18: Hom gewend het tot die gebed van die wat ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
Psalm 145 Vers 18: Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.
Vers 19: Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.
Spr van Sal 1 Vers 28: Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie; hulle sal My soek, maar My nie vind nie.
Vers 29: Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die Here nie verkies het nie.
Vers 32: Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde.
Spr 21 Vers 13: Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep, en nie verhoor word nie.
Spr 28 Vers 9: Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel.
Spr 28 Vers 13: Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
Jes 1 Vers 15: En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek My oë vir julle; ook as julle die gebed menigvuldig, luister Ek nie: Julle hande is vol bloed.
Jes 15 Vers 12: En as Moab verskyn, as hy hom vermoei op die hoogte en in sy heiligdom ingaan om te aanbid, dan sal hy niks uitrig nie.
Vers 13: Dit is die woord wat die Here tevore teen Moab gespreek het.
Jes 27 Vers 11: As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is ‘n volk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulle Formeerder aan hulle geen genade bewys nie.
Jes 58 Vers 9: Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! as jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord.
Jes 59 Vers 2: Maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en jul God. En julle sondes het Sy Aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
Jer 7 Vers 16: En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie, want Ek sal na jou nie luister nie.
Vers 17: Sien jy nie wat hulle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem doen nie?
Vers 18: Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knee deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.
Jer 11 Vers 11; Kyk, Ek bring ‘n onheil oor hulle, waaruit hulle nie sal uitkom nie; dan sal hulle na My roep, maar Ek sal na hulle nie luister nie.
Vers 14: En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie, want Ek hoor nie in die tyd as hulle My aanroep vanweë hulle onheil nie.
Jer 14 Vers 11: Verder het die Here vir my gesê: Bid nie vir hierdie volk ten goede nie.
Vers 12: As hulle vas, luister Ek nie na hulle gesmeek nie;
Klaagl 2 Vers 9: Daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van die Here nie.
Klaagl 3 Vers 8: Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.
Eseg 8 Vers 18: En al roep hulle hardop voor My ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.
Eseg 20 Vers 3: Ek leef, gewis, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here Here.
Vers 26: Omdat hulle deur die vuur laat deurgaan het (oor kole loop) alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig , dat hulle sou weet dat Ek die Here is.
Vers 31: Ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe. En sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? so waar as Ek leef, spreek die Here Here, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie.
Hos 5 Vers 6: Met hulle kleinvee en hulle beeste sal hulle heengaan om die Here te soek en Hom nie vind nie. Hy het Hom aan hulle onttrek.
Miga 3 Vers 4: Dan sal hulle die Here aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal Sy Aangesig in die tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.
Sag 7 Vers 13: Daarom, soos Hy geroep, en hulle nie gehoor het nie, so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie.
Joh 9 Vers 31: En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en Sy wil doen, die verhoor hy.
Jak 1 Vers 6: Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
Vers 7: Want die mens moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie -
Vers 8: So ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
Jak 4 Vers 3: Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
1 Pet 3 Vers 7: Net so moet julle, manne, verstandig met jul vroue saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede erfgename van die genade van die lewe is - sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
Mal 2 Vers 14: Die Here neem julle offer nie meer met welgevalle aan nie, en julle vra: Waarom? omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy Gees oorgehad het? en waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees, en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
Ma12 Vers 16: Want Ek haat egskeiding, sê die Here. Neem jou dan in ag ter wille van jou gees, en wees nie ontrou nie.
1 Pet 3 Vers 12: Want die oë van die Here is op die regverdiges en Sy ore tot hulle gebed, maar die Aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
Deut 31 Vers 18: Maar Ek sal op die dag My Aangesig heeltemal verberg weens al die kwaad wat hulle gedoen het; want hulle het na ander gode afgewyk. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: