Sondag 21 Maart 2010

Kan ‘n naam uitgewis word uit die boek van die lewe?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Psalm 69 Vers 29: Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe, en nie saam met die regverdiges opgeskryf word nie.
Openb 3 Vers 5: Wie oorwin sal beklee word met wit klere en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie. ( ‘n Naam kan dus uitgewis word, afhangende van hoe ons leef.)
Exodus 32 Vers 33: Toe het die Here Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, hulle name sal Ek uitdelg uit My boek.
Psalm 139 Vers 15: My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
Vers 16: U oë het my ongevormde klomp gesien; en in U boek is hulle almal opgeskrywe; (Jou naam word dus opgeskryf in die boek van die lewe voordat jy gebore word, en afhangende hoe jy leef, of dit uitgehaal gaan word.)
Eseg 13 Vers 9: En My hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê; hulle sal in die vergadering van My volk nie wees nie, en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here Here is.
Dan 12 Vers 1: En in die tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op die tyd nie; maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
Sag 5 Vers 2: En hy het vir my gesê: Wat sien jy? toe antwoord ek: Ek sien ‘n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el, en sy breedte tien el.
Vers 3: Daarop sê hy vir my: Dit is die vloek wat uitgaan oor die ganse land; want ooreenkomstig daarmee sal al die diewe hiervandaan weggeruim word, en al die meinediges hiervandaan weggeruim word. (Hierdie boek is dus slegs vir die diewe en meineed oortreders.)
Vers 4: Ek laat dit uitgaan, spreek die Here, en dit sal kom in die huis van die dief, en van hom wat vals sweer by My Naam; en dit sal binne-in sy huis vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe.
Mal 3 Vers 16: Toe het die wat die Here vrees, met mekaar gespreek; en die Here het dit opgemerk en dit gehoor. En daar is ‘n gedenkboek voor Sy Aangesig geskrywe vir die wat die Here vrees en Sy Naam eer.
Luk 15 Vers 32: Ons moet tog bly en vrolik wees, want hierdie broer van jou was dood, (naam uitgewis uit boek van lewe) en het weer lewendig geword, (sy naam weer teruggeplaas) en hy was verlore, en is gevind.
Dan 10 Vers 21: Nogtans sal Ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Migael.
Openb 20 Vers 12: En die dode, klein en groot, (die klein seën is dus uiters belangrik, ons het ons vaders se sondes tot aan die vierde geslag) sal voor God staan en die boeke sal geopen word. (Waarop ons sondes aangeteken is.) En ‘n ander boek, die boek van die lewe sal ook geopen word, en die dode sal geoordeel word, na wat in die boeke geskryf is, volgens hul werke.
Openb 20 Vers 15: En as dit gevind word dat iemand nie opgeskryf is in die boek van die lewe nie, sal hy in die poel van vuur gewerp word.
Dan 7 Vers 10: ‘n Stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit en die boeke is geopen.
Openb 3 Vers 5: Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele.
Openb 5 Vers 1: En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls verseël.
Openb 17 Vers 8: Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is. (Miskien onsigbaar?)
Openb 22 Vers 19: En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die Heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Luk 10 Vers 20: Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees eerder bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: