Sondag 21 Maart 2010

Is die dag van ons dood vooruit bepaal?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jer 15 Vers 2: En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek die Here: Wie vir die pes bestem is, na die pes. En wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.
Pred 8 Vers 8: Niemand het mag oor die dag van die dood nie.
Spr 3 Vers 1: My seun, vergeet My onderwysing nie, en laat jou hart My gebooie bewaar.
Vers 2: Want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Spr 9 Vers 10: Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
Vers 11: Want deur My word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
Spr 28 Vers 16: ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersings, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
Efe 6 vers 1: Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.
Vers 2: Eer jou vader en jou moeder - dit is die eerste gebod met ‘n belofte -
Vers 3: Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: