Saterdag 20 Maart 2010

Seën en vervloek



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Num 23 Vers 1: Toe sê Bileam vir Balak: Bou vir my hier sewe altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.
Vers 2: En Balak en Bileam het ‘n bul en ‘n ram op elke altaar geoffer.
Vers 3: Daarop sê Bileam vir Balak: Bly by jou brandoffer staan, en ek sal heengaan; miskien sal die Here my tegemoetkom, en wat Hy my ookal laat sien, sal ek jou bekendmaak. En hy het na ‘n kaal heuwel gegaan.
Vers 4: En God het Bileam tegemoetgekom, en hy het vir God gesê: Sewe altare het ek reggemaak en ‘n bul en ‘n ram op elke altaar geoffer.
Vers 5: Toe lê die Here ‘n woord in Bileam se mond.
Vers 7: En by sy brandoffer het hy sy spreuk aangehef: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab - uit die berge vann die ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.
Vers 8: Hoe sal ek vloek wie God nie vloek nie? hoe sal ek verwens wie die Here nie verwens nie?
Num 23 Vers 9: Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, ‘n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.
Vers 10: Wie het die stof van Jakob getel? en wie, volgens getal, die vierde deel van Israel? laat my sterwe die dood van die opregtes, en laat my einde soos syne wees.
Vers 11: Toe sê Balak vir Bileam: Wat het jy my aangedoen? ek het jou laat haal om my vyande te vloek, en kyk, jy het net geseën!
Vers 12: En hy antwoord: Moet ek dan nie alles sorgvuldig spreek wat die Here in my mond lê nie?
Vers 13: Toe sê Balak vir hom: Kom tog saam met my na ‘n ander plek vanwaar jy hom kan sien, maar heeltemal kan jy hom nie sien nie - en vervloek hom daarvandaan vir my. (Hulle het toe weer sewe bulle en sewe bokke geoffer, maar weereens is Israel geseën.)
Vers 25: Toe sê Balak: Jy moet hulle glad nie vloek nie, maar ook nie seën nie. Maar Bileam antwoord: Alles wat die Here spreek, dit sal ek doen.
Vers 27: Toe sê Balak: Kom tog, ek sal jou na ‘n ander plek saamneem. Miskien sal dit reg wees in die oë van God dat jy hulle vir my daarvandaan vervloek.
Vers 28: Toe gaan hulle na die top van die Peor wat op die wildernis afkyk.
Vers 29: Hulle het weer sewe altare gebou, en sewe bulle en sewe ramme geoffer.
Num 24 Vers 1: Toe Bileam sien dat dit goed was in die oë van die Here om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.
Num 5 Vers 21: So moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die Here jou tot ‘n vervloeking en ‘n verwensing maak onder jou volk deurdat die Here jou heup laat inval en jou skoot laat opswel.
Gen 3 Vers 14: Toe sê die Here God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
Vers 16: Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.
Vers 17: Aan die man het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie - vervloek is die aarde om jou ontwil. Met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
Vers 18: Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.
Gen 49 Vers 3: Toe Jakob (Israel) sy seuns seën voor sy dood sê hy aan Ruben: Jy is my eersgeborene, maar jy sal die vernaamste nie wees nie, omdat jy jou vader se bed beklim en ontheilig het. (Hy het gemeenskap gehad met sy vader se byvrou.)
Vers 5: Simeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld. Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hulle toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.
Vers 7: Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig, en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob, en hulle verstrooi in Israel.
Vers 8: Juda, jy is dit! jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees. Voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.
Vers 10: Die septer sal van Juda nie wyk nie, nog die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; (Dit is miskien die tweede persoon wat gebore sal word uit 'n maagd wat die Bybel van praat, maar volgens daardie versie sal sy Naam Immanuel wees, en hy sal dikmelk en heuning eet, en hy sal die Israeliete van oor die hele aarde versamel en terugbring na Israel.) en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.
Deut 7 Vers 12: En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die Here jou God die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het.
Vers 13: En Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën, en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee.
Deut 11 Vers 26: Kyk, Ek hou julle vandag seën en vloek voor.
Vers 27: Die seën as julle luister na die gebooie van die Here julle God wat Ek julle vandag beveel
Vers 28: En die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die weg wat Ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.
Vers 29: As dan die Here jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Gerisim lê en die vloek op die berg Ebal.
Deut 27 Vers 15: Vervloek is die man wat ‘n gesnede of gegote beeld maak, ‘n gruwel vir die Here, werk van ‘n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel;
Vers 16: Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag;
Vers 17: Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê.
Vers 18: Vervloek is hy wat die blinde op ‘n dwaalweg lei.
Vers 19: Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai.
Vers 20: Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig.
Vers 21: Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het.
Vers 22: Vervloek is hy, wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het.
Vers 23: Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het.
Vers 24: Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan.
Vers 25: Vervloek is hy wat ‘n omkoopgeskenk aanneem om ‘n persoon - onskuldige bloed - dood te slaan.
Vers 26: Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie.
1 Sam 2 Vers 31: Kyk, daar kom dae dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie.
Vers 32: Dan sal jy die benoudheid van My woning aanskou, en in jou huis sal daar al die dae geen bejaarde wees nie.
11 Sam 3 Vers 29: Toe sê Dawid: Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van een wat ‘n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.
Job 11 Vers 13: As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom,
Vers 14: As daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie -
Vers 15: Ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
Vers 16; Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
Vers 17: En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker - dit sal wees soos die môre!
Vers 18: En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond - jy sal in veiligheid gaan slaap.
Vers 19: Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.
Vers 20: Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is - uitblasing van die laaste asem.
Psalm 128 Vers 1: Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in Sy weë wandel.
Vers 2: Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
Vers 3: Jou vrou is soos ‘n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.
Vers 4: Kyk, so sal sekerlik die man geseën word wat die Here vrees.
Vers 5: Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe.
Spr 26 Vers 2: Soos die voëltjie wegvladder, soos die swaweljie wegvlieg, so is ‘n vervloeking sonder oorsaak: Dit kom nie uit nie.
Spr 27 Vers 14: Wie vroeg in die môre sy naaste met ‘n harde stem ‘n seën toeroep, dit sal hom as ‘n vloek aangereken word.
Spr 28 Vers 27: Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.
Spr 30 Vers 10: Belaster nie ‘n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.
Pred 10 Vers 11: As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.
Jer 20 Vers 14: Vervloek is die dag waarop ek gebore is; laat die dag waarop my moeder my gebaar het, nie geseënd wees nie.
Vers 15: Vervloek is die man wat aan my vader berig gebring en gesê het: Vir jou is ‘n seun gebore - waardeur hy hom grootliks verbly het.
Matt 23 Vers 39: En Jesus sê: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here.
Efe 1 Vers 3: Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
Efe 1 Vers 4: Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.
Efe 6 Vers 23: Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus.
Vers 24: Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet. Amen.
1 Thess 5 Vers 23: En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Vers 28: Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal. Amen.
11 Thes 1 Vers 2: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus.
11 Thess 3 Vers 16: En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! mag die Here met julle almal wees!
11 Tim 1 Vers 2: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!
1 Pet 5 Vers 10: En mag die God van alle genade Self, wat ons geroep het tot Sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!
Vers 11: Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! amen.
11 Pet 1 Vers 2: Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!
11 Joh 1 Vers 3: Genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.
Judas 1 Vers 2: Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word! (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: