Sondag 21 Maart 2010

Wat mag jy nie eet nie



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Levit 7 Vers 26: Ook mag julle geen bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.
Levit 7 Vers 27: Elkeen wat maar enigsins bloed eet, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Levit 17 Vers 10: Teen die een wat die bloed eet, sal Ek My Aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.
Vers 11: Want die siel van die vlees is in die bloed; en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen. Want die bloed bewerk versoening deur die siel.
Vers 12: Niemand van julle mag bloed eet nie, ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
Vers 13: En elkeen wat ‘n stuk wild of voël vang wat geëet mag word - hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak.
Vers 14: Want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom mag julle die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet moet uitgeroei word.
Levit 3 Vers 17: ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke; geen vet en geen bloed mag julle eet nie.
Lev 7 vers 23: Geen vet van ‘n bees of ‘n skaap of bok mag julle eet nie.
Vers 24: Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.
(Jy mag net nie die vet eet op die lewer en binnegoed en niere wat vir 'n offerhande verbrand word as 'n reukoffer nie. Vet aan tjops en steaks mag jy eet.)
Gen 9 Vers 3: Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.
Levit 11 Vers 2: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.
Vers 3: Alles wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou, dit mag julle eet.
Lev 11 Vers 4: Maar van die volgende diere wat herkou en gesplitste kloue het mag julle nie eet nie: Die kameel, die das, die haas, die vark. Onrein is hulle vir julle.
Vers 9: Dit mag julle eet van alles wat in die water is: Alles wat vinne en skubbe het in die see of riviere.
Vers 10: Maar alles wat geen skubbe en vinne het nie, ‘n gruwel is dit vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet nie.
Vers 13: En die volgende voëls mag julle nie eet nie. ‘n Gruwel is dit vir julle: Arend, lammervanger, aasvoël, kuikendief, valk, kraai, volstruis, naguil, seemeeu, kleinvalk, steenuil, steunuil, visvanger, silweruil, pelikaan, sprinkaanvoël, reier, hoep-hoep, vlermuis.
Vers 20: Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop, ‘n gruwel is dit vir julle.
Vers 22: Slegs die volgende mag julle eet: Treksprinkaan, boomsprinkaan, springer, voetganger,
Vers 24: En deur hierdie diere word julle verontreinig. Elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand onrein wees.
Vers 25: En elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was, en sal tot die aand onrein wees.
Vers 26: Al die diere wat se kloue nie heeltemal gesplits is nie, en ook nie herkou nie, onrein is hulle vir julle. Elkeen wat aan hulle raak sal onrein wees.
Vers 27: En alles wat op kaal pote loop onder die viervoetige diere is onrein. (Ape, bobbejane, ens)
Vers 29: En die volgende is ook onrein: Die mol, die muis, die akkedis, krimpvarkie, geitjie, klipsalmander, koggelmander, verkleurmannetjie.
Vers 31: Almal wat aan hulle raak as hulle dood is sal tot die aand onrein wees. En alles waarop hulle val as hulle dood is sal onrein wees. Dit moet in die water gesit word en sal teen die aand rein wees.
Vers 33: As dit in enige erdewerk val moet jy dit self stukkend breek. Alles wat in die erdewerk is sal ook onrein wees.
Vers 34: Enige water of voedsel wat daarna daarin kom sal onrein wees.
Vers 36: Maar ‘n fontein of versamelplek van water sal rein bly, maar hy wat die dooie verwyder sal onrein wees.
Vers 37: As van hulle dooies op enige saad wat gesaai word val, sal dit rein wees, maar as daar water op die saad gegooi is, en dit val dan daarin, sal die saad onrein wees.
Vers 39: As daar van die diere wat vir julle as voedsel dien doodgaan, sal hy wat daaraan raak onrein wees tot die aand.
Vers 40: En hy wat van die dooie dier eet, en hy wat dit dra, moet hul klere was en sal tot die aand onrein wees.
Vers 41: Al die ongediertes is ‘n gruwel, asook die wat op hul buik seil en alles wat op vier pote loop.
Vers 43: Moenie julself ‘n gruwel maak deur hierdie onreine gruwels te eet nie, en julle onrein word nie.
Vers 44: Toon dan dat julle heilig is en wees heilig want Ek is heilig.
Jes 65 Vers 4: ‘n Volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg,
Vers 5: Wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels.
Jes 66 Vers 17: Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise - almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die Here.
Matt 15 Vers 11: En Jesus sê: Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie, maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
Mark 7 Vers 15: En Jesus sê: Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dit is die dinge wat die mens onrein maak.
Vers 18: Besef julle dan nie? alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie?
Vers 19: Omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in sy maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein.
Han 10 Vers 10: En Petrus het baie honger geword.
Vers 11: Hy sien toe die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.
Vers 12: Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.
Vers 13: Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
Vers 14: En Petrus sê: Nooit nie, Here! want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
Vers 15: En die stem sê: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Rom 14 Vers 14; Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.
Vers 20: Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
Vers 23: Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.
Kol 2 Vers 16: Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,
Vers 20: As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge,
Vers 2 1: Soos: Raak nie, smaak nie, roer nie aan nie?
Vers 23: Wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.
1 Tim 4 Vers 4: Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie.
Vers 5: Want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.
Rom 14 Vers 1: En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.
Vers 2: Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.
Vers 3: Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.
Jes 25 Vers 6: En die Here van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
Jes 55 Vers 2 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na my en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.
1 Kor 10 vers 25: Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
Rom 14 Vers 20: Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: