Saterdag 20 Maart 2010

Wreedhede uit die Bybel



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 4 Vers 8: En Kain het sy broer Abel doodgeslaan. (Met die vuis, stok of ‘n klip?)
Gen 6 Vers 7: En die Here sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
Gen 19 Vers 26: En Lot se vrou het omgekyk, en sy het ‘n soutpilaar geword.
Gen 21 Vers 10: En Sara sê vir Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, (dit was sy seun) want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.
Gen 29 Vers 26: En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie. Neem vir Lea en werk nog sewe jaar vir Ragel.
Gen 31 Vers 32: En die een by wie u u gode vind, hy mag nie lewe nie.
Gen 34 Vers 2: Sigem, die Hewiet, verkrag en onteer toe vir Dina, Jakob se dogter. (Die Hewiete is ‘n afstammeling van Gam, swartmense.)
Gen 34 Vers 25: Maar op die derde dag, toe hulle in pyn was, neem die twee seuns van Jakob, Simeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.
Gen 35 Vers 17: En terwyl Ragel dit swaar het by die bevalling, en toe haar siel uitgaan, want sy het gesterwe.
Gen 37 Vers 28: En Josef is deur sy broers aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer.
Gen 39 Vers 7: En die vrou van Potifar wou gemeenskap hou met Josef, maar hy het geweier. Sy beskuldig hom toe vals, en hy word in die gevangenis gewerp deur Potifar.
Gen 40 Vers 19: Binne drie dae sal Farao jou aan ‘n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.
Gen 47 Vers 20: So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die land dan Farao se eiendom geword.
Exo 1 Vers 13: Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien, en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene, en in die landerye.
Vers 16: As julle die Hebreeuse vroue by geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk; as dit ‘n seun is, maak hom dood; maar is dit ‘n dogter, laat haar lewe.
Vers 22: Toe gee Farao aan sy hele volk bevêl en sê: Al die seuns wat gebore word moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.
Exo 2 Vers 12: En Moses het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.
Exo 4 Vers 24: En op die pad in die herberg het die Here Moses teegekom, en wou hom doodmaak. (Omdat sy seun nie besny was nie.)
Vers 25: Toe neem Sippora ‘n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor sy voete en sê: Waarlik, jy is vir my ‘n bloedbruidegom.
Exo 5 Vers 14: En die opsigters van die kinders van Israel het slae gekry.
Exo 7 Vers 21: En die visse wat in die Nyl was het doodgegaan, en die Nyl het gestink.
Exo 8 Vers 17: En daar het muskiete gekom op die mense en op die vee.
Exo 9 Vers 6: En die Here het dit die volgende dag gedoen: Al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan.
Vers 25: En die hael het in die hele Egipteland geslaan, mense sowel as diere, ook al die plante van die veld en die bome verbreek.
Exo 12 Vers 29: En middernag het die Here al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.
Exo 32 Vers 27: En Moses sê vir die volk: So spreek die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
Vers 28: En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en omtrent
3000 man het geval.

Num 31 Vers 15: En Moses het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe? kyk, hulle was die oorsaak van troubreuk.
Vers 17: Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met ‘n man gehad het.
Deut 2 Vers 34: En ons het in die tyd al sy stede ingeneem en elke land met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.
Rigters 1 Vers 6: En toe Adoni-besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap. Rigters 3 Vers 14: En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agtien jaar lank gedien.
Vers 15: Maar toe hulle die Here aanroep, het Hy vir hulle as verlosser verwek: Ehud. ‘n man wat links was. Deur hom stuur hulle toe die belasting aan koning Eglon.
Vers 16: En Ehud het vir hom ‘n swaard gemaak aan twee kante skerp, en onder sy klere aangegord.
Vers 19: En sê toe: Ek het ‘n geheime boodskap van die Here aan u.
Vers 21: Toe steek Ehud die swaard in die Koing se buik,
Vers 22: Sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet om die lem toegesluit en by die wond uitgepeul het.
Rigters 4 Vers 21: Toe neem Jael, die vrou van Heber, die tentpen, en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom, en dryf die pen, terwyl hy vas aan die slaap was, dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring
Rigt 9 Vers 5: En hy het in die huis van sy vader gegaan, en sy broers, sewentig man, op een klip vermoor.
Vers 49: Daarop kap elke manskap ‘n tak af en gooi dit bo-op die kelder en steek dit aan die brand. Omtrent duisend manne en vroue het doodgebrand.
Rigt 11 Vers 30: En Jefta het ‘n gelofte aan God gedoen, dat as hy wen, alles wat uit die deur van sy huis uitkom, hom tegemoet, hy as ‘n brandoffer aan die Here sal offer.
Vers 34: Sy dogter het hom toe tegemoetgekom.
Vers 39: En hy het haar as brandoffer geoffer.
Rigt 14 Vers 4: Toe gaan Simson weg en vang driehonderd jakkalse; en hy neem fakkels, en draai stert teen stert, en sit die fakkels in die middel van elke twee sterte, en steek dit aan die brand.
Rigt 19 Vers 25: Toe gryp die man sy byvrou, en bring haar uit na hulle daar buite. En hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel.
Vers 29: Maar toe hy in sy huis kom, het hy die mes geneem en sy byvrou gegryp en haar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke, en dit in die hele grondgebied van Israel rondgestuur.
1 Sam 11 Vers 2: Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ek die verbond met julle sluit: Dat ek julle almal die regteroog uitsteek en dit as ‘n skande op die hele Israel kan lê.
1 Sam 15 Vers 33: Maar Samuel het gesê: Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder onder die vroue kinderloos wees. Daarop het Samuel Agag in stukke gekap.
1 Sam 17 Vers 54: En Dawid het die hoof van die Fillistyn geneem, en dit na Jerusalem gebring.
Vers 57: En Abner het hom voor Saul gebring, met die hoof van die Fillistyn in sy hand.
1 Sam 18 Vers 27: En Dawid het hom klaargemaak en met sy manne uitgetrek, en hulle het tweehonderd man onder die Fillistyne doodgeslaan, en Dawid het hulle voorhuide gebring en dit vir die koning gegee.
1 Sam 22 Vers 18: Daarop sê die koning vir Doëg: Val aan op die priesters. En hy het op die dag vyf-en-tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood.
Vers 19: Ook die priesterstad Nob het hy met die swaard verslaan, man, vrou, kind, suigeling, beeste, esels en skape.
1 Sam 31 Vers 9: En hulle het Saul se hoof afgekap en sy wapenrusting uitgetrek en dit in die land van die Fillistyne rondgestuur om die blye boodskap te bring in die tempels van hulle afgode en aan die volk.
Vers 10: Daarna het hulle sy wapens in die astarte tempel neergelê, maar sy lyk teen die muur van Bet-san vasgeslaan.
11 Sam 4 Vers 12: Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en die het hulle gedood en hulle hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron.
11 Sam 8 Vers 2: Dawid het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met ‘n lyn deur hulle op die grond te laat lê: En hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe.
Vers 4: En Dawid het van hom duisend-sewehonderd perderuiters afgeneem, en al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
11 Sam 20 Vers 3: Omdat Absalom, sy seun, by sy byvroue ingegaan het voor die hele Israel, het hy die tien byvroue geneem en in ‘n bewaakte huis gesit en hulle onderhou, maar nie by hulle ingegaan nie. En hulle was opgesluit tot die dag van hulle dood as lewenslange weduwees.
11 Sam 20 Vers 10: En Amasa was nie op sy hoede vir die swaard van Joab nie. Toe steek hy hom daarmee in die onderlyf en stort sy ingewande op die grond uit.
Vers 22: En die vrou het haar in haar wysheid tot die hele volk gewend, en hulle het die hoof van Seba afgekap en aan Joab oorgegooi.
1 Kon 18 Vers 40: Daarop sê Elia: Gryp al die profete van baal! en Elia het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.
11 Kon 9 Vers 30: Toe Esebel hoor dat koning Jehu in die stad is, het sy haar hoof versier en deur die venster uitgekyk.
Vers 32: En Jehu het na die venster opgekyk, en gevra: Wie is vir my? toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom.
Vers 33: En hy sê: Gooi haar af! en hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar met sy perd vertrap.
Vers 34: Nadat Jehu geëet en gedrink het, sê hy: Begrawe tog die vervloekte.
Vers 35: Maar hulle kry toe net haar voete en handpalms en hoofskedel, want die honde het haar vlees geëet soos die Here gespreek het, en die lyk van Esebel sal wees soos mis op die land op die dorpsgrond van Jisreël, sodat hulle nie kan sê: Dit is Esebel nie.
11 Kon 10 Vers 6: Daarop skryf koning Jehu ‘n brief aan die oudstes van Samaria: As julle vir my is, en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van koning Agab, en bring dit vir my.
Vers 7: En hulle het die sewentig seuns van die koning gedood, en hulle hoofde in mandjies gesit, en aan hom gestuur.
Vers 8: Koning Jehu sit toe die koppe in twee hope neer by die ingang van die poort tot die volgende dag.
Vers 11: Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in Jisreël oor was, ook die priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie.
Vers 13: Toe kry Jehu die broers van Ahasia, die koning van Juda, langs die pad.
Vers 14: En hy sê: Gryp hulle lewendig! en hulle het hul gedood by die put van Bet-eked, twee-en-veertig man, en hy het niemand van hulle laat oorbly nie.
Vers 17: Toe Jehu in Samaria aankom, het hy almal gedood wat van Agab oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die Woord van die Here.
11 Kon 11 Vers 1: Toe Atalia, die moeder van Ahasia, sien dat haar seun dood was, het sy die hele koninklike geslag omgebring.
Vers 2: Maar Jeseba het Joas weggesteek, en in die huis van die Here verborge vir ses jaar, terwyl Atalia oor die land regeer.
Vers 12: Maar in die sewende jaar het hulle die seun uitgebring en gesalf as koning.
Vers 15: En die priester Jojada het gesê: Sy mag nie in die huis van die Here gedood word nie. Daarop het hulle haar uitgebring en by die ingang van die perde is sy gedood.
Vers 18: Daarna het die hele volk in die tempel van Baal ingegaan, en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek. En Mattan, die priester van Baal, het hulle voor die altare dodgeslaan.
11 Kon 15 Vers 16: En koning Menahem het Tifsag verslaan met almal wat daarin was. En hy het al die swanger vroue laat oopsny.
11 Kon 23 Vers 20: En koning Josia het al die priesters van die hoogtes wat daar was, op die altare geslag en verbrand.
11 Kon 25 Vers 7: En hulle het die seuns van koning Sedekia voor sy oë geslag. En hy het die oë van Sedekia laat verblind en hom met koperkettings gebind.
11 Kron 25 Vers 11: En koning Amasia het tienduisend man verslaan.
Vers 12: En tienduisend het hulle lewendig as gevangenes weggevoer en hulle op die top van die krans gebring en afgegooi, sodat hulle almal verpletter is.
Esra 6 Vers 11: En deur my word bevel gegee dat van elkeen wat hierdie bevel oortree, ‘n balk uit sy huis geruk sal word, en dat hy daaraan opgehang en vasgeslaan sal word, en van sy huis ‘n puinhoop oor hom gemaak sal word
Ester 7 Vers 10: En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai opgerig het.
Jer 39 Vers 6: En die koning van Babel het die seuns van Sedekia voor sy oë in Ribla geslag.
Vers 7: En hy het die oë van Sedekia laat verblind en hom met koperkettings geboei.
Matt 2 Vers 16: Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei is, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem, en al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.
Matt 14 Vers 3; Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Herodias, die vrou van Filippus, sy broer.
Vers 4: Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.
Vers 6: Maar by die viering van Herodes se verjaarsdag het Herodias se dogter voor Herodes gedans, en hom behaag.
Vers 7: Daarom het hy met ‘n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.
Vers 8: Nadat haar moeder haar aangehits het, vra sy toe: Gee my hier op ‘n skottel die hoof van Johannes die doper.
Vers 10: En Herodes het gestuur en Johannes laat onthoof in die gevangenis.
Vers 11: Sy hoof is toe op ‘n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.
Joh 18 Vers 22: En toe Jesus dit sê, het een van die dienaars wat daar staan, Hom in die aangesig geslaan en gesê: Antwoord u die hoëpriester so?
Matt 26 Vers 67: Toe het hulle in Jesus se aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan.
Vers 68: En ander het Hom met stokke geslaan en gesê: Profeteer vir ons, Christus! wie is dit wat U geslaan het?
Matt 27 Vers 22: Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? hulle sê almal vir Hom: Laat Hom gekruisig word! en hulle skreeu nog harder: Laat Hom gekruisig word!
Vers 24: En toe Pilatus sien dat niks help nie, en dat daar ‘n oproer kom, het hy sy hande gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!
Vers 25: En die hele volk (Jode) antwoord en sê: Laat Sy bloed op ons en ons kinders kom!
Vers 28: Toe trek hulle Sy klere uit en werp ‘n rooi mantel om Hom.
Vers 29: En hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op Sy hoof, en ‘n riet in Sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, koning van die Jode!
Vers 30: En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op Sy hoof.
Vers 34: En vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink.
Vers 35: En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp.
Vers 37: En bokant Sy hoof het hulle Sy beskuldiging in skrif opgestel: Dit is Jesus, die koning van die Jode.
Vers 38: Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig; een aan elke kant.
Vers 39: En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud.
Vers 40: En sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! as U die Seun van God is, kom af van die kruis!
Matt 27 Vers 41: So het die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:
Vers 42: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
Vers 44: En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
Vers 48: Toe bring iemand ‘n spons, en maak dit vol asyn, en sit dit op ‘n riet, en laat Hom drink.
Vers 50: Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die Gees gegee.
Mark 14 Vers 65: En sommige het begin om op Hom te spuug en Sy aangesig toe te maak en Hom met die vuis te slaan, en met stokke, en vir Hom gesê: profeteer!
Mark 15 Vers 25: En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.
Vers 32: Ook die wat saam met Hom gekruisig was, het Hom beledig.
Vers 34: En die negende uur het Jesus met ‘n groot stem uitgeroep: Eloi, Eloi, lamma sabagtani? dit beteken: My God, My God, waarom het U My verlaat? (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: