GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Spr 10 Vers 18: Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is ‘n dwaas.
Vers 19: By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
Spr 11 Vers 13: Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar. Maar hy wat betroubaar is van gees, bedek ‘n saak.
Spr 13 Vers 3: Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
Spr 17 Vers 9: Wie ‘n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ‘n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
Spr 20 Vers 19: Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.
Spr 25 Vers 9: Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ‘n ander se geheim nie.
Vers 10: Sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.
Vers 23: Die noordewind bring ‘n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat - kwaai gesigte.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking