Vrydag 19 Maart 2010

Mag ‘n prediker drink? en wat beteken wyn? druiwesap?

Mag ‘n prediker drink? en wat beteken wyn? druiwesap? mag enigiemand wyn drink?

(Sommige kerke glo druiwesap is wyn.)
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Pred 10 Vers 17: Gelukkig is jy o land, as jou koning ‘n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos mense en nie soos drinkers nie.
Levit 10 Vers 9: En die Here het met Aaron gespreek en gesê: Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie. ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte. (Vir predikers.)
Gen 9 Vers 21: Maar toe Noag van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê. (Niemand kan dronk word van druiwesap nie.)
Vers 24: Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het...
Gen 19 Vers 32: Kom, laat ons ons vader wyn gee om te drink en met hom gemeenskap hou.
Vers 33: Hulle gee toe die nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het.
Vers 35: Hulle gee toe die nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste dogter het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het.
Num 6 Vers 2: As ‘n man of ‘n vrou ‘n besondere gelofte aflê, die gelofte van ‘n nasireër, om hom aan die Here te wy,
Vers 3: Moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie. (Hier is die bewys dat die Bybel ‘n onderskeid maak tussen druiwesap en wyn.)
Vers 4: Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie.
Vers 20: En daarna mag die nasireër wyn drink.
Jes 24 Vers 8: Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op.
Vers 9: Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.
Vers 11: Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate.( ‘n Mens kan nie verslaaf raak aan druiwesap nie.)
Num 28 Vers 7: En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees ‘n kwart hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die Here uitgiet.
Deut 14 Vers 26: Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel begeer.
Rigt 9 Vers 13: Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak? (Druiwesap kan nie, dit kan slegs jou dors les.)
Rigt 13 Vers 3: Maar die engel van die Here het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar, en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en ‘n seun baar.
Vers 4: Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie.
Psalm 78 Vers 65: Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos ‘n held wat oorweldig is deur die wyn. (Weereens, druiwesap kan jou nie oorweldig nie.)
Psalm 104 Vers 15: En dat wyn die mens se hart kan bly maak;
Spr 31 Vers 4: Die konings, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;
Vers 5: Anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges. (Druiwesap kan jou niks laat vergeet nie.)
Vers 6: Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.
Vers 7: Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie. (Druiwesap kan dit nie doen nie.)
Jes 28 Vers 7: En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
Jes 29 Vers 9: Vertoef, en verwonder julle! wees blind en verblind! hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie. (Wyn kan jou dus dronk maak.)
Hos 7 Vers 5: Op die dag van ons Koning is die vorste siek van verhitting deur wyn;
Joël 1 Vers 5: Word wakker, julle dronkaards, en ween! en huil, al julle wyndrinkers! oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is. (Dit sal gebeur naby die eindtyd wanneer al die plante verwoes is deur droogte en atoombomme.)
Habakuk 2 Vers 15: Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.
Vers 16: Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer - drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer.
Matt 11 Vers 19: Die Seun van die mens het gekom - Hy eet en drink, en hulle sê: Daar is ‘n Mens wat ‘n vraat en wynsuiper is, ‘n vriend van die tollenaars en sondaars.
Efe 5 Vers 18: Moenie dronk word van wyn nie - daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.
1 Tim 5 Vers 23: Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik ‘n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.
Tit 2 Vers 3: Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadsprekers of aan wyn verslaaf nie.
Jes 5 Vers 11: Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag laat opbly terwyl die wyn hulle verhit.
Vers 12: En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die Here gee hulle geen ag nie, en die werk van Sy hande sien hulle nie.
Vers 13: Daarom gaan My volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
Vers 14: Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is.
Vers 15: Dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder.
Jes 5 Vers 22: Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng;
Vers 23: Wat vir ‘n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.
Vers 24: Daarom , soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die Here van die leërskare verwerp het, en die Woord van die Heilige van Israel verag het.
Vers 25: Daarom het die toorn van die Here ontvlam teen Sy volk en het Hy Sy hand teen hulle uitgestrek en hulle swaar getref, sodat die berge gebeef het, en hulle lyke soos vullis op die strate was. Ondanks dit alles is Sy toorn nie afgewend nie, maar is Sy hand nog uitgestrek.
Pred 9 Vers 7: Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ‘n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.
Spr 20 Vers 1: Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.
Spr 23 Vers 20; Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.
Vers 21; Want ‘n drinker en ‘n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.
Vers 29: By wie is ag! by wie is wee my! by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?
Vers 30: By die wat laat opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
Vers 3 1: Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie;
Vers 32: Op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.
Vers 33: Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
Vers 34: En jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê. (Voel of jy waggel en voel of jou bed draai.)
Vers 35: Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie!
Vers 36: Wanneer sal ek wakker word? dan sal ek dit weer opnuut soek.
1 Kor 3 Vers 16: Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
Vers 17: As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
Efe 5 Vers 18: Moenie dronk word van wyn nie - daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: