Vrydag 19 Maart 2010

Hoe oud word ‘n mens?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Psalm 90 Vers 10: Die dae van ons jare - daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
Jes 65 Vers 17: Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.
Vers 19: En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor My volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.
Vers 20: Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigeling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, (In ‘n ongeluk) en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.
Vers 22: Hulle sal nie bou dat ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van My volk sal wees soos die dae van die bome (1000 jaar?) en My uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.
Eseg 47 Vers 12: Aan albei kante sal allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan - uit die Heiligdom stroom dit. En hulle vrugte sal wees om van te eet en hulle blare om te genees.
(Dit is waarskynlik die boom van die lewe, soos beskryf in:)
Openb 22 Vers 1: Daar sal ‘n rivier uitvloei uit die Troon van God en Jesus. Die rivier van die lewe.
Vers 2: Weerskante van die rivier die boom van die lewe, (soos in Adam en Eva se tyd) wat elke maand vrugte dra, en sy blare sal die nasies genees.
Hos 13 Vers 14: Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestelensies? doderyk, waar is jou verderf?
Sag 8 Vers 4: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit - elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.
Matt 7 Vers 19: Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (As iemand dus sterf as hy jonk is, is dit dan die rede? of dalk die sondes van sy voorouers?)
Matt 9 Vers 2: En hulle het ‘n verlamde man, wat op ‘n bed Lê, na Hom gebring. En Jesus sê vir hom: Seun, jou sondes is jou vergewe. (Dit is dus oor sy sondes dat hy lam was.)
Jes 25 Vers 8: Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee, en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: