Vrydag 19 Maart 2010

Mag ons vrolik of bly wees?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Spr 15 Vers 13; ‘n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.
Vers 15: Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
Vers 17: Liewer ‘n porsie groente waar liefde by is, as ‘n vetgevoerde bees en haat daarby.
Spr 15 Vers 30: Stralende oë verbly die hart, ‘n goeie tyding maak die gebeente vet.
Spr 16 Vers 20: Hy wat ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.
Vers 24: Vriendelike woorde is soos ‘n heuning-koek. Soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente.
Spr 17 Vers 22; ‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.
Spr 22 Vers 9: Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.
Pred 2 Vers 1; Ek het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! maar kyk, ook dit was tevergeefs.
Vers 2: Van die lag het ek gesê: Dit is onsinnig! en van vreugde: Wat Verskaf dit?
Pred 3 Vers 12: So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.
Vers 13: En ook - dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is ‘n gawe van God.
Vers 22: So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat na hom sal wees?
Pred 4 Vers 8: Vir wie tog vermoei ek my en laat my siel gebrek ly aan die goeie? ook dit is tevergeefs en ‘n verkeerde saak.
Pred 5 Vers 17: Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.
Pred 9 Vers 7: Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ‘n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.
Vers 8: Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie.
Pred 11 Vers 9: Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.
Vers 10: En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.
Pred 12 Vers 1: En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie –
Han 14 Vers 17: Al het Hy homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee, en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.
Pred 9 Vers 9: Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son - al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: