GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Psalm 1 Vers 1: Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie.
Vers 2: Maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag.
Vers 3: En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
Vers 4: So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.
Psalm 1 Vers 5: Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.
Vers 6: Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.
Psalm 5 Vers 13: Want U seën die regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met ‘n skild.
Spr 2 Vers 1: My seun, as jy My woorde aanneem en My gebooie by jou bewaar,
Vers 20: Sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
Vers 2 1: Want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly.
Vers 22: Maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.
Spr 3 Vers 33: Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
Spr 4 Vers 14: Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
Vers 15: Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
Vers 16: Want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot ‘n val bring nie.
Vers 17: Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van geweldadigheid.
Spr 10 Vers 2: Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
Vers 3: Die Here laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
Spr 10 Vers 6: Seëninge is op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
Vers 7: Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.
Vers 8: Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot ‘n val.
Vers 9: Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
Vers 10: Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot ‘n val.
Vers 12: Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.
Vers 13: Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandlose.
Vers 2 1: Die lippe van die regverdige help baie mense reg, maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
Pred 7 Vers 15: Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid; daar is ‘n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is ‘n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.
Vers 20: Want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.
Eseg 13 Vers 22: Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het - terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie -
Habakuk 1 Vers 4: Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking