Vrydag 19 Maart 2010

Mag vroue werk? die goeie vrou

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Neh 3 Vers 12: En Sullam het die muur herstel, hy met sy dogters.
Spr 31 Vers 10: Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
Vers 11: Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
Vers 12; Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
Vers 13: Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.
Vers 14: Sy is soos die skepe van ‘n handelaar - van ver af bring sy haar brood in.
Vers 15: En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.
Vers 16: Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit; van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd.
Vers 17: Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.
Vers 18: Sy voel dat haar wins goed is; in die nag gaan haar lamp nie dood nie.
Vers 19: Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.
Vers 20: Sy brei haar handpalms uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.
Vers 21: Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.
Vers 22; Sy maak vir haarself dekens; haar tabberd is van fyn linne en purper.
Vers 23: Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.
Vers 24: Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.
Vers 25: Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.
Vers 26: Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.
Vers 27: Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.
Vers 28: Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar.
Vers 30: Die bevalligheid is bedrog. En die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.
Vers 31: Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.
1 Pet 3 Vers 1: Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word.
Vers 2: As hulle jul reine, Godvresende wandel aanskou het.
Vers 3: Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: Haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,
Vers 4: Maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
Vers 5: Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig.
Vers 6: Soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.
Vers 14: Huis en goed is ‘n erfenis van die vaders, maar ‘n verstandige vrou is van die Here.
Spr 21 Vers 9: Dit is beter om op die hoek van ‘n dak te woon as by die twisgierige vrou in ‘n gemeenskaplike huis.
Vers 19: Dit is beter om in ‘n woeste land te woon as by ‘n twisgierige vrou en ergernis.
Spr 11 Vers 22: ‘n Goue ring in ‘n vark se snuit, so is ‘n vrou wat mooi is maar sonder beleid.
Spr 12 Vers 4: ‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos ‘n verrotting in sy gebeente.
Spr 18 Vers 22: Wie ‘n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ‘n welgevalle van die Here verkry.
Spr 22 Vers 14: Die mond van die vreemde vroue is ‘n diep kuil; hy op wie die Here vertoorn is, sal daarin val. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: