Vrydag 19 Maart 2010

Dink u u kry swaar?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 31 Vers 38: En Jakob, (een van ons voorvaders, later genoem Israel) antwoord Laban: Twintig jaar was ek nou by u. U skaap en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie.
Vers 39: Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie; ek moes dit vergoed. Van my hand het u dit geëis, of dit bedags of snags gesteel is.
Vers 40: Ek was ‘n man wat bedags deur die hitte verteer is, en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë.
Vers 41: Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander.
Vers 42: As die God van my vader, die God van Abraham, en die vrees van Isak, nie aan my kant was nie, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en moeitevolle arbeid van my hande aangesien.
Neh 5 Vers 2: En sommiges het gesê: Ons is baie, ons wil koring hê, dat ons kan eet en lewe!
Vers 3: En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons kon koring koop in die hongersnood!
Vers 4: Ons het op ons lande en ons wingerde geld geleen vir die belasting aan die koning, en ons lande en wingerde behoort aan ander.
Vers 7: En ek was baie verontwaardig, en het gesê: Julle leen uit op woeker! elkeen aan sy broer!
Vers 11: Gee dan vandag nog hulle lande, wingerde, olyfbome en huise aan hulle terug! en hulle het so gedoen.
Job 1 Vers 1 - 3: En Job was Godvresend, en het afgewyk van die kwaad. En hy het sewe seuns en drie dogters gehad. Hy het seweduisend stuks kleinvee, drieduisend kamele, vyfhonderd paar beeste, en vyfhonderd eselinne en ‘n groot menigte slawe gehad.
Job 1 Vers 6: En op ‘n dag toe die Seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die satan ook onder hulle gekom.
Vers 7: Toe vra die Here vir satan: Waar kom jy vandaan? en satan antwoord die Here: Van ‘n swerftog oor die aarde wat ek deurkruis het.
Vers 8: En die Here vra vir satan: Het jy ag gegee op My kneg Job? want daar is niemand op die aarde soos hy nie; ‘n man vroom en opreg, Godvresend, en wat afwyk van die kwaad.
Job 1 Vers 10: En satan antwoord die Here: Het U nie self hom en sy huis, en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
Vers 12: Daarop sê die Here aan satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En satan het weggegaan van die aangesig van die Here.
Vers 14 - 19: En die Sabeërs het sy beeste gesteel, die vuur van God het van die hemel geval en sy kleinvee het verbrand, (satan het dus ook mag oor die weerlig) die Chaldeërs het die kamele gesteel, en ‘n groot wind het sy huis omgewaai, en sy seuns en dogters is dood. (Indien jy dus nie ‘n groot gelowige, selfs as kind is nie, het satan ook mag oor jou lewe.)
Vers 20: Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval.
Vers 21: En gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem; die Naam van die Here sy geloofd!
Job 2 Vers 1: Toe op ‘n dag dat die Seuns van God weer voor die Here is, kom satan daar aan, en die Here vra hom: Het jy ag gegee op My kneg Job? hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
Vers 5: Toe sê satan: Tas net sy gebeente aan, en hy sal U in U aangesig slegsê.
Vers 6: En die Here sê: Kyk, hy is in jou hand, spaar net sy lewe.
Vers 7: En satan het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
Job 2 Vers 10: Vers 10: Maar Job antwoord: Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? by dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
Job 7 Vers 4: As ek gaan lê dink ek: Wanneer sal ek opstaan? maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.
Job 10 Vers 18: Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? ek moes gesterf het sonder dat ‘n oog my gesien het.
Vers 19: Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.
Job 19 Vers 16: Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.
Vers 17: My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.
Vers 18: Selfs jong seuns minag my. Wil ek opstaan, dan spot hulle my.
Vers 19: AI my vertroude vriende het ‘n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.
Vers 20: My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvleis ontsnap.
Vers 21: Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref.
Job 30 Vers 10: Hulle het ‘n afsku van my, staan op ‘n afstand van my en spuug my in die gesig.
Vers 17: Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.
Vers 19: Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.
Vers 26: Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.
Vers 30; My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.
Klaagl 2 Vers 20: Aanskou, Here, en merk op aan wie U so gedoen het! moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word?
Klaagl 4 Vers 4: Die tong van die suigeling klou aan sy verhemelte van dors, kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie.
Vers 5: Hulle wat lekkernye geëet het, het versmag op die strate; die wat op purper gedra is, het die ashope omarm.
Klaagl 4 Vers 8: Maar hulle voorkoms het donkerder as swartsel geword, hulle is nie herken op die strate nie; hul vel kleef aan hul gebeente, dit het droog geword soos hout.
Klaagl 4 Vers 10: Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: