Vrydag 19 Maart 2010

Verkragting

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 22 Vers 23: As ‘n dogter, ‘n jongmeisie, aan ‘n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,
Vers 24: Dan moet julle hulle twee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het.
Vers 25: Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man alleen sterwe;
Vers 26: Maar aan die dogter moet jy niks doen nie: Daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie. Want soos wanneer ‘n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.
Vers 27: Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.
Vers 28: As ‘n man ‘n dogter, ‘n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap,
Deut 22 Vers 29: Dan moet die man wat met die meisie gemeenskap gehad het, die vader van die meisie vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot so lank as hy lewe nie.
11 Sam 13 Vers 1: Absalom, die seun van Dawid, het ‘n mooi suster gehad met die naam van Tamar. En Ammon, die seun van Dawid, was verlief op haar.
Vers 10: Toe sê Ammon vir Tamar: Bring die ete in die slaapkamer.
Vers 11: Terwyl sy dit nader bring na hom om te eet, gryp hy haar.
Vers 14: En hy het haar oorweldig en haar onteer en met haar gemeenskap gehad.
Vers 15: Toe het Ammon ‘n baie groot afkeer van haar gekry, ja, die afkeer was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het, en hy sê vir haar: Gaan weg!
Vers 17: En hy sê vir sy kneg: Stuur hierdie vrou weg buitentoe, en sluit die deur agter haar toe.
Vers 19: Toe het Tamar geweeklaag en as op haar hoof gestrooi, en die lang rok geskeur, en haar hand op haar hoof gelê.
Vers 22: Maar Absalom het Ammon gehaat omdat hy sy suster onteer het.
Vers 28: En Absalom het sy dienaars bevel gegee om Ammon dood te slaan. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: