GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Job 21 Vers 7: Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
Vers 8: Hulle nakomelinge bestaan voor hulle, in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
Vers 9: Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie. (Word nie getugtig nie.)
Vers 10: Sy stier bespring nie mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
Vers 11: Hulle laat hul jong seuns loop soos ‘n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
Vers 13: In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ‘n oomblik sink hulle in die doderyk af.
Vers 14: Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; in die kennis van U weë het ons geen behae nie.
Vers 15: Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? en wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
Job 21 Vers 16: Kyk, hul voorspoed is nie in hul hand nie; die gesindheid van die goddelose is ver van my!
Vers 17: Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle - deel Hy smarte uit in Sy toorn,
Vers 18: Word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer.
Job 27 Vers 13: Dit is die deel van die goddelose mens by God, en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:
Vers 14: As sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
Vers 15: Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.
Vers 19: Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en - is nie meer nie. (Die goddelose is vir God soos diere.)
Vers 20: Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer ‘n stormwind hom weg.
Vers 22: En God werp op hom af sonder verskoning, vir Sy hand moet hy haastig vlug.
Psalm 92 Vers 6: Hoe groot is U werke, o Here; baie diep is U gedagtes!
Vers 7: ‘n Dom mens weet nie, en ‘n dwaas verstaan dit nie:
Vers 8: As die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.
Psalm 94 Vers 3: Hoe lank sal die goddelose, o Here, hoe lank sal die goddelose jubel?
Vers 6: Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese (Ons oumense, kinders en weduwees wat alleen woon word omtrent elke dag vermoor, veral op plase.)
Vers 7: En sê: Die Here sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
Vers 2 1: Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking